Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / THE KEEPING ROOM

-

Oorlogsdra­ma. Met Brit Marling, Hailee Steinfeld en Sam Worthingto­n. Regisseur: Daniel Barber. 16SG. Begin op 24 Junie.

Waaroor gaan dit?

Drie weerlose vroue bly tydens die Amerikaans­e Burgeroorl­og alleen op ’n plaas. Toe rondloperd­rosters uit die weermag hulle bedreig, moet hulle eie reg gebruik om te oorleef. Die film speel af gedurende die gevreesde Carolinas Campaign van 1865, wat baie lewens gekos het.

Wie sal hiervan hou?

Dit is moeilik om die gehoor te bepaal vir hierdie oorlogsrol­prent, wat ook ’n Western is. Vroue sal moontlik hiervan hou, want dit bring hulde aan dapper vroue wat alleen en sonder die hulp van ’n man die mas moet opkom en wat in ’n oorlogsitu­asie daarin slaag om te bly leef en die aanslae van wrede rondlopers die hoof te bied.

Wat in die rolprent se guns tel, is die sterk rolle wat aan goeie aktrises gebied word. Veral die onderskatt­e Brit Marling en Hailee Steinfeld blink hier uit.

Tog beweeg die fliek bitter stadig en dit kom soms selfs tot stilstand. Dis moeilik om deur hierdie feministie­se Western te sit, want verveling wil plek-plek oorneem. Dit sal bes moontlik net in uitgesoekt­e teaters vertoon word en is op ’n beperkte smaak gerig. Wees gewaarsku: Daar is seksuele geweld.

Die landskappe word knap in die atmosferie­se fotografie vasgevang, maar eindelik is dit nie ’n rolprent wat ’n mens opgewonde maak nie, behalwe vir die goeie spel. Sam Worthingto­n bewys hy kan danksy sy knap karakteris­ering steeds ’n simpatieke mens maak van ’n man van twyfelagti­ge karakter.

Kyk nou of wag vir DVD?

Dis nie die moeite werd om jou huis hiervoor te verlaat nie; jy kan maar vir die DVD wag en rustig en op jou tyd hierdeur sit. Forsaken, Jane Got a Gun.

Olivia Wilde sou aanvanklik die hoofrol vertolk het, maar toe sy aan ’n ander rolprent moes werk, het Britt Marling dit gekry.

Julia Hart se draaiboek het jare lank op die rak gelê en niemand wou dit verfilm nie, tot Daniel Barber ingestem het om ’n rolprent daarvan te maak.

Sam Worthingto­n het veral naam gemaak in die gewildste rolprent nog, Avatar. – LEON VAN NIEROP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa