Huisgenoot

BYNA DOOD NÁ INSPUITING

Jacques het breinskade opgedoen weens ’n hewige allergiese reaksie op ’n kleurstof vir ’n oogonderso­ek

- Deur JANA VAN DER MERWE Foto’s: LUBABALO LESOLLE

DIS ’ n roetine-inspuiting wat elke dag in talle wêrelddele deur oogspesial­iste toegedien word; Jacques Greyling was dus nie onrustig toe die tegnikus, oftewel die oogspesial­is se assistent, hom op die binneaarse toediening voorberei nie. Dié Welkomiet was gretig om sy besige werk- en sosiale lewe te hervat ná die laserbehan­deling wat sou volg vir die “lastige” swart kol in die sig van sy linkeroog. In die wagkamer het sy lewensmaat, Rocco Smith, rustig ’n tydskrif gelees.

Maar wat volgende gebeur het, was allesbehal­we roetine.

Fluoresseï­en is ’n kleurstof wat algemeen binneaars toegedien word voor ’n angiogram van die retina. Die kleurstof merk “lekkasies” as die retina siek is. Die kamera se filter sal dié vog as wit kolle vertoon. Die middel word as veilig beskou. Maar toe die fluoresseï­en in Jacques (33) se aar begin vloei, het ’n uiters seldsame allergiese reaksie van “een uit ’n miljoen” gebeur – en die volgende oomblik het die hospitaalp­ersoneel om sy lewe geveg nadat sy hart gaan staan het. (Sien die kassie.)

Sy liggaam het in anafilakti­ese skok gegaan: ’n hewige allergiese reaksie waartydens sy bloeddruk kwaai geval en sy hart gaan staan het.

In die wagkamer het Rocco (43) bewus geraak van ’n geskarrel onder die personeel en gevra wat aangaan. Hy is daarvan verseker Jacques is oukei. Maar toe volg hy die verpleegsu­ster na die vertrek waar sy lewensmaat was en sien geskok hoe hy op die vloer lê. “Jacques het nie beweeg nie. Hulle het resussitas­ie- en suurstofma­sjiene daar gehad.”

Nooddiensw­erkers het opgedaag en hom met adrenalien en die allergie-teenmiddel epidrien ingespuit. Ná wat vir Rocco soos ure gevoel het, het Jacques weer ’n polsslag gehad. Hy is saam met Jacques in ’n ambulans na die Rosepark Privaat Hospitaal, waar hy in die neuro-waakeenhei­d opgeneem is weens swelling op die brein.

Rocco vertel voorlopige skandering­s het getoon hy het breinskade opgedoen weens die tekort aan suurstof terwyl sy hart stilgestaa­n het. Hy sou twee weke in die hospitaal moes bly en het daar ook ’n epilepties­e aanval gehad. “Jacques was wakker, maar het byna soos ’n baba gehuil,” sê Rocco. Die dokters het gewaarsku: ‘Soos hy daar lê, so gaan hy waarskynli­k vir die res van sy lewe wees.’ ”

Dit was laat Februarie. Waar ons van- dag met die twee mans in hul huis in Welkom gesels, toon Jacques steeds die gevolge van dié “roetine-inspuiting”. Hy praat moeisaam. Sy tong sleep. Sy sig het verder verswak. Hy kan tussen dag en nag onderskei, maar van mense sien hy net die dowwe buitelyne. “Jy’s net afgesny van die wêreld,” sê hy en vee oor sy nat oë.

Maar hoekom het Jacques se gestel so traumaties op die fluoresseï­en gereageer? Die twee beweer dis weens ’n rampspoedi­ge reaksie tussen die kleurmidde­l en dit wat Jacques vermoed ’n allergie vir waatlemoen is, hoewel dit nooit medies by hom gediagnose­er is nie. Hulle het ’n prokureur gevra om ’n moontlike saak van nalatighei­d teen die oogspesial­is en tegnikus te ondersoek omdat hulle nie vir Jacques gevra het of hy allergies vir waatlemoen is nie.

Dorothea Voges, die regsvertee­nwoordiger van die spesialis en tegnikus, wou by navraag geen kommentaar lewer nie omdat die voorval nog ondersoek word. En ’n mediese kenner vertel hy het nog nooit gehoor van ’n verband tussen waat-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa