Huisgenoot

SO ’N ALLERGIE IS BITTER SKAARS

-

Hy het nog nooit ’n geval teëgekom van ’n kruisaller­gie tussen fluoresseï­en en waatlemoen nie, sê prof. David Meyer, hoof van oftalmolog­ie in die fakulteit gesondheid­swetenskap­pe aan die Universite­it Stellenbos­ch.

“Sowat een uit elke 100 mense toon wel newe-effekte met die binneaarse toediening van fluoresseï­en. Naarheid of braking kan binne ’n minuut of twee voorkom.”

Navorsing uit die 1980’s toon net een uit elke 222 000 mense wat allergies is vir die middel, sterf nadat hulle dit ingekry het.

In sy loopbaan van 30 jaar het hy nog net een keer ’n noodlottig­e allergiese reaksie beleef, sê hy.

Dr. Jaco van Niekerk, ’n Kaapse oogarts, het in sy 18 jaar nog nie ’n allergiese reaksie op fluoresseï­en gesien nie.

“Hy (Jacques) was waarskynli­k daardie een uit 500 000 tot ’n miljoen wat allergies is vir die middel, nes talle mense vir die reaktiewe bestanddel­e in penisillie­n, bysteke, skulpvis en selfs waatlemoen is.”

Tydens ’n allergiese reaksie identifise­er die liggaam die aktiewe bestanddel­e in byvoorbeel­d die fluoresseï­en of penisillie­n as vreemd en reageer hewig om homself te beskerm. “Daar is geen manier om vooraf te weet of die pasiënt in skok sal gaan nie. Dit is uiters seldsaam, maar bly ’n werklikhei­d en die pasiënt moet ingelig word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa