Huisgenoot

ONS BLAASKANS SOOS G’N ANDER

-

HOE gemaak as jy en jou geliefde reeds voor jul troue die wêreld platgereis en al eksotiese bestemming­s soos die Groot Koraalrif in Australië en die Fidjieilan­de besoek het? Waar sal julle dan wittebrood hou? Drie dae nadat die aktrise en TV-persoonlik­heid Angelique Gerber en die rugby speler Jacques Potgieter op 11 Junie by die Eureka-wynlandgoe­d in Durbanvill­e ewige trou beloof het (’n Sprokie in die ‘ seisoen van liefde’, 23 Junie), het hulle soos dikwels in die afgelope twee jaar saam ’n vlug gehaal. Tog was dit anders toe die vliegtuig dié keer die hemelruim inskiet. Hulle was op pad na hul eerste vakansie saam as man en vrou en die wittebrood het soos ’n lang lekkerte voor hulle uitgestrek gelê.

Hul bestemming was Zanzibar. Dit was die 30-jarige Jacques se voorstel en dié tropiese eiland het so reg in Ange- lique (33) se smaak geval. “Dit is baie moeilik om plekke met mekaar te vergelyk,” vertel sy kort ná hul terugkeer. “Ek was nou al in die Seychelle, Mauritius, Fidji en by Australië se Groot Koraalrif, maar nêrens lyk die see en strand soos Zanzibar s’n nie.

“Die turkoois water waarin jy tot op die bodem kan sien, strek meters ver. Die sand is spierwit en die palmbome . . .” Jy hoor die verwonderi­ng in haar stem. “Dit was regtig, regtig prentjiemo­oi.”

Al kon hulle net vir vyf dae ’n blaaskans neem, is Angelique tevrede en dankbaar dat Jacques die tyd kon vry kry nadat hy onlangs by die Blou Bulle aangesluit het.

“Soos Jacques sê: Al gaan ’n mens Bronkhorst­spruit-dam toe, moet jy wegkom en dit vier en net ’n blaaskans neem ná al die stres van die troue. En die lekker ding van jou wittebrood is dat dit net julle twee is en al wat jy doen, is om pret te hê en te gesels.”

Jacques het haar vreeslik bederf en vir hulle by ’n vyfsterhot­el plek bespreek,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa