Huisgenoot

SOETE LIEFDE OF ’N SAKEPLAN?

Daar word gegis Tayler en Tom se romantiese strandfoto’s so kort nadat sy met haarr kêrel uituit gemaak het, is net ’n foefie

- Saamgestel deurr NICIICIN DE WET

dleston (35) soen. En dit ná minder as drie weke nadat sy en die Britse DJ Calvin Harris (32) uitgemaak het!

Taylor het al ’n reputasie gekry as iemand wat lief is vir publisitei­tsfoefies. Op Twitter meen verreweg die meeste mense die foto’s – op ’n strand naby die sangeres se herehuis in Rhode Island – is vals. “Hierdie vooraf gereëlde foto’s van Taylor Swift en Tom Hiddleston is baie snaaks. Ek het dit van haar verwag, maar Tom? Ag nee, man,” skryf een. Nog een laat sarkasties hoor: “Ek wens ek het die draaiboeks­krywer/regisseur van Taylor Swift se lewe geken . . . Dis die beste werklikhei­dsreeks met die grootste rolverdeli­ng.” En: “Dit lyk soos stilfoto’s dié van ’n fliek oor ’n man wat sy verswakte ma see toe neem sodat sy die water vir oulaas kan sien.” Sjoe, praat van snydende kritiek! Sien, die foto’s is nie soos gewoonlik afkomstig van een van die groot paparazzia­gentskappe nie. Die vermoede dat die foto’s ’n publisitei­tsfoefie is, word versterk daardeur dat Tom se publisitei­tsagent, Luke Windsor, kort voor die foto’s uitgekom het Taylor se publisitei­tsagent, Tree Paine, op Twitter begin volg het. Toeval? Min mense dink so. Calvin het oor die foto’s getwiet: “Dinge gaan nou binnekort gebeur.” Hy het toe alle spore van sy en Taylor se romanse van 15 maande van sy sosialemed­iablaaie verwyder. Op haar beurt het Taylor al haar lieftallig­e inskrywing­s oor Calvin uitgevee. Volgens mense in die binnekring het Calvin, die bobaas van elektronie­se dansmusiek, vroeg in Mei begin agterkom iets skort. In dié tyd is Taylor en Tom verfilm waar hulle by die Met-gala gedans het

 ??  ?? HOOFFOTO: Taylor Swift en Tom Hiddleston hand aan hand op die rotsese nnaby die popsangere­s se huis. REGS: Haar vorige kêrel, die DJ Calvin Harris.
HOOFFOTO: Taylor Swift en Tom Hiddleston hand aan hand op die rotsese nnaby die popsangere­s se huis. REGS: Haar vorige kêrel, die DJ Calvin Harris.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa