Huisgenoot

HET RUSSELL EN TERRI ’N AFFAIR?

-

DIE stories loop dat (52) en (51) ’n verhouding het – al is die Gladiator-ster nog getroud. Russell en die Australies­e aktrise (47) is die afgelope vier jaar vervreem, maar het nooit geskei nie. Sy is die ma van sy kinders, Charles (12) en Tennyson (9). Terri is die weduwee van TV se bekende krokodilva­nger. Steve was Russell se beste vriend. Volgens ’n bron sal Steve, wat in 2006 dood is nadat ’n pylstertvi­s hom in die bors

CROWE DANIELLE SPENCER STEVE IRWIN, RUSSELL TERRI IRWIN

gesteek het, “in sy graf omdraai as hy weet Terri is met ’n getroude man deurmekaar”.

Russell het ’n reputasie as ’n stoutseun, maar ondersteun­ers van die Irwins is geskok deur die idee van Terri “as die ander vrou”. Sy en Steve het ’n dogter, Bindi (17), en ’n seun, Robert (12). “Steve het gesinswaar­des en ’n gesonde leefstyl aangehang. Dis oneerbiedi­g teenoor sy nalatenska­p.”

Tog lyk dit of die twee hul romanse dalk na die volgende vlak gaan neem. Verlede maand het Terri en Bindi op die rooi tapyt by Russell aangesluit vir die Los Angeles- première van sy rolprent The Nice Guys. Sy het ook aanlyn geskryf sy “dink aan hom”, terwyl Russell haar “my lief” genoem het. Terri se bure beweer ook hulle sien Russell die afgelope ruk by haar herehuis kuier.

’n Bron na aan Russell sê hulle is ideaal vir mekaar. “Russ het oor die jare baie moeite gedoen om daar te wees vir Terri en die kinders,” sê ’n familievri­end. “Mettertyd het hul wedersydse toegeneent­heid ’n romanse geword. Dit was net ’n kwessie van tyd voor hulle verlief raak.” BRON: RADARONLIN­E.COM Op ’n onlangse uitstappie in Los Angegeles kon jy sien (30) se e egskeiding eis sy tol. TMZ sê die aktrise het sowat 10 kg verloor sedertert sy einde Mei ’n hofbevel teen Johnny Depp (53) verkry het. Sy beweer die akteur het haar tydens hul huwelik van 15 maande mishandel. Die saak sleep voort, maar sy’t haar versoek om onderhoud teruggetre­k omdat “dit teen haar gebruik word om die publiek se aandag af te lei van die ernstige saak van huishoudel­ike geweld”, sê sy.

AMBER HEARD

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa