Huisgenoot

EK HET UIT DIE AS VERRYS

Melanie du Bois skei ná 14 jaar en groet 7de Laan binnekort,t, maar sy is reg vir die nuwe fase in haar aar lewe

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: LUBABALO LESOLLEESO­LLE

NÁ BAIE wik, weeg en wroeg het Melanie du Bois op ’ n dag besef sy kan nie langer so aangaan nie. Sy het hardop vir haarself gesê: “Ek verdien geluk; Regi verdien geluk. In ons huwelik kan ons nie mekaar gelukkig maak nie.” Dit was vier maande nadat die geliefde 7de Laan-aktrise in Julie verlede jaar vir twee weke in die psigiatrie­se kliniek Akeso in Johannesbu­rg opgeneem is.

Vroeër in 2015 het haar susterskin­d en haar suster albei hul lewe geneem: Michael (Mikey) Wilson (23) in Januarie en sy ma, Lucia (47), in April.

Dit was die donkerste tyd in Melanie (41) se lewe en sy het self byna ’n einde aan haar lewe gemaak. “As ek nie hulp gekry het nie, sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie,” erken die aktrise, wat nog tot Oktober as die modeontwer­per Felicity Daniels Croukamp in 7de Laan te sien sal wees.

Ná die behandelin­g in die kliniek het sy beter begin voel. “Ek het nog nie heel gevoel nie, maar dit was die begin van my herstelpad en ek kon baie goed begin verwerk.”

Haar jare lange huwelikspr­obleme het voorkeur gekry nadat sy dit met die dood van haar suster en dié se seun eers opsygeskui­f het. “Hul dood het my laat besef die lewe is te kort. Elke oomblik tel. ’n Mens kan nie die hele tyd ongelukkig en vasgevang voel nie,” sê Melanie.

Sy en haar man, die maatskapli­ke ondernemer en ontwikkela­ar Reginald (Regi) Botha (42), het in dié krisistyd ál verder uitmekaarg­edryf. Hulle het ’n jong dogter. “Ons het ’n fase bereik waarin ons baie baklei het,” vertel sy en staar voor haar uit terwyl sy woorde soek. “Die gesinsgevo­el was verlore. Dit het giftig geword. Ek wou nie ’n punt bereik waar ons mekaar haat en skade ly nie.”

’n Egskeiding was nie meer net ’n vae moontlikhe­id nie. “Ons het ernstig gesels en besef dis iets wat ons ter wille van ons albei se groei moes doen,” vertel Melanie.

Sy het ’n prokureur geraadplee­g en ná 21 jaar saam, waarvan 14 as man en vrou, het Regi verlede jaar kort voor Kersfees uit hul gesinshuis in Sophiatown in Johannesbu­rg getrek.

Haar ringvinger lyk kaal sonder haar verloof- en trouring terwyl Melanie vir die eerste keer

 ??  ?? Melanie du Bois het vrede in haar hart oor haar egskeiding. “Ek kan sien hoe goed dit met ons albei gaan,” sê sy.
Melanie du Bois het vrede in haar hart oor haar egskeiding. “Ek kan sien hoe goed dit met ons albei gaan,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa