Wat was vir jou die grootste uitdagings toe jy die wêreldwye media-aandag moes bestuur, en wat was jou strategie?
Nee,Nee ek het nooit daaraan getwyfel nie,nie maar dit is amper nie die punt nie.
Ek onthou die dag toe ek oor die radio van die skietvoorval hoor, het die verduideliking vir my instinktief sin gemaak. Dit het die tragedie net soveel erger gemaak – die sinloosheid van so ’n verskriklike fout. Die absolute daarvan. My bejaarde pa het eenkeer vir my vertel van ’n voorval toe hy in die nag op die plaas wakker word van ’n groot slag in die huis. En hoe hy, wat vir hom soos ure gevoel het, regop gesit het met ’n geweer gemik op die toe slaapkamerdeur. Daar is geen twyfel dat hy deur daardie deur sou geskiet het as iemand daaraan gevat het nie. Die slag was op die ou einde ’n sak wat van ’n kas geval het, maar daardie vrees van iemand met ’n kwesbaarheid – in hierdie geval ouderdom – moet tog sin maak vir enige rasionele mens in hierdie land.
Ek onthou eenkeer in my ouma se huis in Duitsland – dit was net ná haar dood en ek het haar goedjies gaan oppak – toe ek alleen was in hierdie ou huis, en een aand het ek irrasioneel vreesbevange geraak toe ek oortuig was daar is iemand onder in die huis. Ek het die polisie snikkend en stotterend ontbied; kon amper nie die telefoonknoppiestelefoonk druk nie, so het ek gebewe. Daardie Duitse polisie het my aangekyk asof ek stapelgek was. Hulle kon nie my totale oorreaksie glo nie.
Maar dan moet ek bysê: Ek het nie die werk aanvaar omdat ek Oscar se storie geglo het nie. Ek is ’n professionele kommunikeerder; nie ’n Oscar-aanhanger nie. Arnold was ’n kliënt. Daar was ’n regsproses wat gevolg moes word, en ek moes kommunikasie-ondersteuning bied. En as daardie regsproses bevind het Oscar se storie is nie waar nie, sou ek my heeltemal daarby berus het dat my instink verkeerd was. Dit is waarvoor ’n mens ’n regsproses het.
Die punt is dat Oscar se storie in elke opsig dieselfde gebly het. Ten spyte van die ergste vervolgingstyl wat ek tot nog toe in ’n hof gesien het, het die storie wat Oscar in sy heel eerste verklaring vertel het, dieselfde gebly. Die staat kon nie hul wilde teorieë bewys nie. Volgens die harde feite – telefoonverslae en tye – was daar ’n klinkklare tydlyn wat hul saak eenvoudig onmoontlik gemaak het.
Twee howe het bevind Oscar het nie bedoel om Reeva te skiet nie. Om dit te bevraagteken is die grofste vorm van minagting van die hof. Die stortvloed navrae was soms amper onhanteerbaar. Maar mettertyd kon ’n mens die kaf van die koring begin skei. Ek het geweet wie die vraagstukke verstaan, watter joernaliste integriteit het en watter eenvoudig enige snert sou skryf. Ek dink my grootste uitdaging was dat joernaliste so deel van die storie geword het. Dit het hierdie lekker groot sepie geword waarin baie van hulle amper akteurs geword het: bedags in die hof en saans op televisie met hul rokkies en mooi haartjies en almal maak grappies in die ateljee.
Ek moet sê, vir my was dit verbysterend. Hierdie skeefgetrektheid van die trauma en pyn van twee families, en die amper joviale atmosfeer in die media, waar almal ’n mening het oor alles. Het hy regtig opgegooi? Is hy regtig jammer? Die hofsaak was vir so baie mense ’n kans om aan te gryp – prokureurs, kwaksalwer-sielkundiges en amateur-profielsamestellers. Almal het ’n eiertjie te lê gehad sodat ’n stortvloed menings oor die saak gespoel het en die feite later