Huisgenoot

Wat het jy geleerl uit itj jou ervaringsi as woordvoerd­er vir die Pistoriuss­e? En hoe het dit jou lewensbesk­ouing verander?

-

hulle. Skielik word dh hullell soos museumstuk­ke ontleed: wat hulle aantrek, wat hulle sê, wanneer hulle glimlag of huil. Niemand wat nie hierdeur is, kan verstaan watter druk dit is nie. Dis onmenslik. Al manier om te oorleef is maar net om een voet voor die ander te sit en te vergeet wat mense van jou dink of sê. Hulle is allesbehal­we onemosione­el of koud. Ek onthou die presiese oomblik nege jaar gelede toe ek besef ek moet ’n slag terugstaan van joernalist­iek. Ek het ’n storie gedoen oor ’n vlaag kinderverk­ragtings en het ’n onderhoud met ’n maatskapli­ke werker oor haar ervarings gevoer. Ek het besef ek kon nie meer voel nie.

Ná amper 13 jaar van die SAUK-program Truth Commission Special Report, ’n weeklikse opsomming oor die Waarheid-en-Versoening­skommissie, en daarna ondersoeke vir Special Assignment, het iets in my gebreek. Ek kon nie meer die sin sien in wat ek doen nie. Ek kon nie meer vir myself sê ons maak ’n verskil nie.

Ek het nogal dieselfde gevoel na dié hofsaak. Ek het die absolute beste gesien in die joernalist­iek: mense met integritei­t wat probeer het om die feite te laat praat. Maar ek het ook die absoluut ergste ervaar.

Drie keer het ek koerante ombudsman toe gevat. Elke keer het hulle terugbakle­i en elke keer het ek gewen en moes hulle verskoning­s plaas. Maar dan is die skade reeds gedoen. Jy kon sê wat jy wil; opmaak wat jy wil.

Maar ek dink wat my die meeste terneerged­ruk laat voel het, is die absolute minagting van die regsproses. Van ’n afgetrede regter wat nog voor die begin van die hofsaak op televisie verklaar dis ’n nu uitgemaakt­e saak van voorafbepl­ande moord, tot die redakteur van ’n tegnolo logietydsk­rif wat soos ’n regskenner op in internasio­nale televisie uitsprake lewer oo oor wat die gepaste bevindings en vonn nis moes gewees het. Die sielkundig­e wat op televisie sy mond uitspoel oor Oscar se geestestoe­stand sonder dat hy ’n enkele minuut met hom gekonsulte teer het, en wat die diagnose van die s sielkundig­e wat wel dae lank saam met hom deurgebrin­g het, in twyfel trek en ondermyn.

Wat ons hier sien, is die roekelose o ondermynin­g van die regbank. En dit gaan ons nog duur te staan kom. Twitter is die nuwe jurie.

Ek sien selfs die nasionale vervolg gingsgesag (NVG) se woordvoerd­er het nou die dag ’n meningspei­ling op haar Twitter-rekening gehad waarin me mense moes stem of die NVG teen die vonnis moet appelleer. ’n Twitter-meningspei­ling oor ’n regsaak waarby hulle betrokke is, deur ’n senior beampte van die NVG? Ek het nie woorde nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa