Huisgenoot

YSTERVROU OP MOOI POLVYE

-

JARE gelede het sy op die amptelike kongres van die Britse Konserwati­ewe Party opgedaag in hoëhakskoe­ne met luiperdkol­le. ’n Paar jaar later het sy dieselfde kongres in blinkhelde­r goue stewels bygewoon. Dan was daar die keer toe sy die koningin moes ontmoet en vir die geleenthei­d ’n paar plastiek reënstewel­s aangetrek het. Jare lank het die Britse pers graag gespot oor die eienaardig­e skoene wat hul minister van binnelands­e sake, Theresa May, na amptelike geleenthed­e dra. En omdat hulle so op haar skoene gefokus het, kon mense maklik iets veel meer merkwaardi­gs oor haar miskyk: Die vrou wat daardie bont skoene vol gestaan het, was op pad om die invloedryk­ste mens in die Britse politiek te word.

Pas voor hierdie uitgawe van Huisgenoot drukpers toe gegaan het, het Brittanje se uittretend­e premier, David Cameron, aangekondi­g hy gaan teen Woensdag 13 Julie amptelik sy pos ontruim om deur May opgevolg te word.

En, as alles volgens plan verloop het, sou sy eensklaps die eerste vrou sedert die Ystervrou, Margaret Thatcher, word wat aan die stuur van die Britse regering staan.

Sowat ’n maand gelede is die politiek in Brittanje meteens op sy kop gekeer toe die inwoners van dié land in ’n referendum stem hul land moet die Europese Unie (EU) verlaat. Cameron, wat hard baklei het om in die EU te bly, het kop onderstebo aangekondi­g hy gaan dan maar as eerste minister moet bedank (Die lewe ná Brexit, 7 Julie).

Wat gevolg het, was ’n woeste stryd om hom op te volg. Aangesien daar geen voor die hand liggende kandidaat in die regerende Konserwati­ewe Party (kortom bekend as die Tories) was nie, is ’n paar name in die hoed gegooi. Een ná die ander het uitgeval, tot net twee kandidate staande was: May en Andrea Leadsom, minister van energie en klimaatsve­randering.

Gou het dit duidelik geword May gaan dié stryd wen. Peilings het aangedui sy het 60 persent van die steun in haar party. Haar posisie is versterk deur Leadsom se gewoonte om van tyd tot tyd haar voet in haar mond te steek.

Een van haar ongewildst­e uitsprake was toe sy op ’n kol sê sy sal ’n beter leier as May (59) wees omdat sy kinders het en May nie. Mense met kinders beplan beter vir die toekoms omdat hulle oor hul kinders besorg is, het Leadsom geredeneer. “Ja, ek is seker Theresa is spyt sy het nie kinders nie; ek wil nie hê dit moet gaan oor ‘Andrea het kinders, Theresa het nie,’ want dit sal aaklig wees. Maar ek dink werklik om ’n ma te wees beteken jy het ’n regte, tasbare belang in die toekoms van die land,” het Leadsom in ’n onderhoud gesê.

Vir dié opmerking is sy omtrent in die pers gelooi. Al het May in haar jare as parlements­lid nie veel oor haar persoonlik­e lewe gepraat nie, weet baie mense dit is vir haar en haar man, Philip (59), baie pynlik dat hulle nie eie kinders het nie.

Nie net die media en lede van die publiek het teen Leadsom uitgevaar nie; ook ’n medeparlem­entslid van die Kon-

 ??  ?? Andrea Leadsom, May se vernaamste teenstande­r uit die Konserwati­ewe Party, moes moontlik deels weens haar omstrede uitlatings tou opgooi.
Andrea Leadsom, May se vernaamste teenstande­r uit die Konserwati­ewe Party, moes moontlik deels weens haar omstrede uitlatings tou opgooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa