Huisgenoot

NIERE POOTJIE ADAM NIE

-

DIE Sand du Plessis-teater in Bloemfonte­in was op daardie Maandagaan­d gepak. Op die verhoog was die voormalige Romanz-sanger Adam Barnard as deel van die lofprysing­sproduksie Halleluja SA, wat nou deur die land toer. Die gehoor het hom toegejuig, salig onbewus daarvan dat hy deurtrek was van die pyn.

Nog minder het hulle geweet hy was tot sowat twee uur voor die opvoering sou begin, in die plaaslike Mediclinic se ongevalle-eenheid. Daar het dokters hom vir ontwaterin­g behandel en hy het twee binneaarse toediening­s gekry om sy nierfunksi­e te stabilisee­r. Die volgende dag het hy gehoor hy moet ’n nieroorpla­nting kry.

Maar eintlik is hy ’n baie geseënde man, sê Adam (31) nou. “Baie ander mense moet jare lank op ’n geskikte nier wag, maar ses mense het klaar gesê hulle sal een van hul niere vir my skenk.”

Sy dokter het reeds begin voorberei vir die operasie in Februarie aanstaande jaar. Dit behels onder meer om die geskikste skenker te identifise­er en Adam se liggaamskr­ag op te bou.

Hy het al van sy kinderdae af las met sy niere, vertel Adam op die Vrystaatse dorp Parys, waar hy die afgelope twee jaar woon. Omdat sy niere sukkel om die liggaamsou­te en sure uit te skei, is sy kaliumvlak onder standaard.

Chroniese medikasie het sy niere se werking ondersteun, maar op daardie dag in Bloemfonte­in wou dit nie meer help nie . . .

Vir die eerste keer sedert hy verlede maand in die hospitaal beland het, vertel hy presies wat gebeur het. ’n Ernstige verkoue het hom beetgepak ’n paar dae voor ’n naweek dat die Halleluja SAproduksi­e drie optredes gehad het. Die oplossing? ’n Groot dosis antibiotik­um en ander griepmedik­asie. Dit alles was te veel vir sy niere.

Die Maandagogg­end op pad na die vertoning in die Rosestad het hy in die motor gekrul van die pyn. Sy agent, Henri Scott, het bestuur. Hy tree ook saam met Adam in die lofprysing­sproduksie op.

In Bloemfonte­in is Adam dadelik na die ongevalle-eenheid gebring waar hy gestabilis­eer is. Sy toestand was so ernstig dat die mediese personeel wou hê hy moet sy optrede kanselleer, maar die Deur sanger het volstrek geweier. Hy moes toe ’n vrywarings­vorm onderteken dat hy homself op eie risiko ontslaan.

Daardie aand op die verhoog wou hy kort-kort flou word, vertel Adam, wat verlede jaar die Huisgenoot-Tempotoeke­nning vir nuweling van die jaar gekry het vir sy debuutsolo­album, Ruk My tot Stilstand. Sy tweede soloalbum, Seisoene in die Son, is in April vanjaar uitgereik.

Die dag ná die vertoning waarmee hy dapper deurgedruk het, is Adam in die Jakaranda- hospitaal in Pretoria opgeneem vir verdere behandelin­g. Daar het dokters vir hom gesê hy sal ’n nieroorpla­nting moet ondergaan.

Hy is vier dae later ontslaan sodat hy betyds kon wees vir ’n optrede in Nelspruit. “Ek kla nie oor my siekte nie, want daar is ander mense wat baie sieker is,” sê Adam. Boonop het hy sy vrou, Almitra (28), aan sy sy. Dié ondersteun hom in hierdie tyd. Hy eet ’n appel om die hongerpyne te stil. Hy mag nie meer groot etes verorber nie, want dan is die werklas op sy niere te groot.

“Nou peusel-peusel ek maar so deur die dag,” verduideli­k hy. Alle vleis is ook taboe. Die spesiale eetprogram wat hy nou volg, bestaan net uit stysel, vrugte, groente, water en rooibostee.

Hoe voel hy oor die operasie wat wag? Hy beskou dit as ’n “herstel”-knoppie om van voor af te begin, sê Adam met ’n tikkie opgewonden­heid in sy stem.

Intussen is dit ’n geval van die vertoning moet voortgaan. Nog 50 Halleluja SA-produksies lê vir hom voor. En wil hy geeneen daarvan kanselleer nie, al is sy lyf hoe seer.

 ??  ?? JACO HOUGH- COETZEE HOOFFOTO: Adam Barnard was verlede jaar Huisgenoot-Tempo se nuweling van die jaar. BO: Moedig nadat hy op pad na ’n vertoning in die hospitaal beland het. ONDER: Sy vrou, Almitra, staan hom by.
JACO HOUGH- COETZEE HOOFFOTO: Adam Barnard was verlede jaar Huisgenoot-Tempo se nuweling van die jaar. BO: Moedig nadat hy op pad na ’n vertoning in die hospitaal beland het. ONDER: Sy vrou, Almitra, staan hom by.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa