Huisgenoot

BRANDRISSI­E-PASTEIE

- 1 2 3 4

GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 45-55 min. VULSEL 30 ml (2 e) olyfolie 15 ml (1 e) botter 1 groot ui, gekap 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 3 wortels, gekap 3 selderysto­kke,

gekap 2 rooi brandrissi­es,

gekap 600-800 g bees

maalvleis 1 x 410 g-blik gekapte

tamaties 50 g tamatiepas­ta 30 ml (2 e) suiker 5 ml (1 t) paprika 5 ml (1 t) rooipeper sout en peper ’n hand vol pieter

sielie, gekap KORS 125 ml (½ k) meel 125 ml (½ k) polenta 15 ml (1 e) suiker 60 ml (¼ k) hawer- mout 2,5 ml (½ t) koeksoda 2,5 ml (½ t) sout 160 ml (² ₃ k) karring

melk 60 ml (¼ k) olyfolie 1 groot eier Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 4-6 middelslag­ramekins met botter.

Verhit die olie en botter in ’n groot kastrol; braai die ui, knoffel, wortels, seldery en brandrissi­es tot die ui deurskynen­d is.

Voeg die maalvleis in sarsies by; braai tot verbruin. Voeg al die bestanddel­e buiten die pietersiel­ie by en laat prut 15-20 min.

Vulsel

Voeg die pietersiel­ie by en sit eenkant.

Meng die droë bestanddel­e in ’n groot bak. Klits die karringmel­k, olie en eier in ’n aparte bak. Maak ’n holte in die middel van die meelmengse­l, giet die eiermengse­l in en roer tot goed gemeng.

Verdeel die maalvleis tussen die ramekins en skep die korsmengse­l bo-op. Pak op ’n bakplaat en bak 20-25 min. of tot die kors deurgaar is. Sit warm voor saam met jogurt of suurroom.

Kors Om die pasteie vullender te maak voeg ’n blik rooi niertjiebo­ne by die maalvleis. Vervang die kors met skilferkor­sdeeg vir ’n makliker bedekking.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa