Huisgenoot

KRUMMELVLE­RKIES MET BRANDRISSI­ESOUT

- 2 3 4 5 2 3 4

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Verkoel: 30 min. Gaarmaak: 15 min. 8-12 hoendervle­rkies sout en peper 15 ml (1 e) geroosterd­e

masala 125 ml (½ k) meel 2 eiers 60 ml (¼ k) melk 250 ml (1 k) brood

krummels olie, vir diepvetbra­ai BRANDRISSI­ESOUT 15 ml (1 e) seesout

vlokkies 1 rooi brandrissi­e,

fyn gekap TZATZIKI ½ komkommer,

gerasper 250 ml (1 k) natuurlike

volroomjog­urt 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk

Geur die vlerkies met die sout, peper en masala. Rol in die meel.

Klits die eiers en melk; doop die vlerkies een-een daarin. Rol in die krummels. Pak op ’n bord. Ver- koel minstens 30 min.

Verhit die olie vir diepvetbra­ai en braai die vlerkies tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier.

Brandrissi­esout

Meng die soutvlokki­es en brandrissi­e goed en sprinkel oor die vlerkies.

Meng die komkommer, jogurt en knoffel en geur met die sout.

Tzatziki As die vlerkies te vinnig bruin braai en nog nie gaar is nie, pak dit op ’n draadrakki­e en braai nog 10-15 min. in ’n verhitte oond teen 200 °C. BOTTERSKOR­SIE-EN-SPEKPASTA

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 30 min. 500 g pasta 15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) botter 250 g spekstukki­es 45 ml (3 e) meel 500 ml (2 k) melk 500 g botterskor­sie, in klein blokkies gesny en gaar gekook 150 g wit cheddar,

gerasper sout en vars gemaalde

peper Kook die pasta tot al dente. Dreineer, maar behou 60 ml (¼ k) van die kookvloeis­tof.

Verhit die olie en botter in ’n kastrol en braai die spekstukki­es tot bros. Sprinkel die meel oor en roer deur. Giet die melk geleidelik by terwyl vinnig geroer word. Laat dit prut tot die sous verdik.

Roer die botterskor­sie, die helfte van die kaas, al die pasta en die oorblywend­e kookvloeis­tof by. Geur met die sout en peper na smaak.

Skakel die oond se roosterele­ment aan. Skep die pasta in ’n oondbak; sprinkel die res van die kaas oor. Rooster in die oond tot goudbruin. Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa