Huisgenoot

OUSUS SE SWAAR LAS OP PLAAS

-

Ons gesin woon op ’n plaas en die droogte maak ons moedeloos. My ma is dood nadat ’n niersiekte by haar gediagnose­er is.

Ek is die oudste van vyf kinders en het matriek voltooi. My twee broers is op kosskool, maar hulle het geen ambisie nie en vaar sleg omdat hulle leerproble­me het.

My sussies is tieners en opstandig. Wanneer ek van die huis weg is, doen niemand iets nie. Hulle braai net gedurig. My pa is teruggetro­kke. Ek probeer alles reg hou, maar eintlik wil ek net heeltyd slaap. Ek wil so graag weer die gemeensaam­heid terugkry wat ons gesin altyd gehad het, maar hoe?

MT op HJ

’n Mens se gemoedstem­ming is dikwels afhanklik van goed wat jy voel jy kan beheer of nie. Jy kan niks aan die droogte doen nie en jou ma se dood is finaal. Maar jy kan beheer neem oor wat jy wel kan verander. En jy moet dit nou doen voor julle in ’n kringloop beland waarin almal nog meer afgetakel word.

Die oplossing is om nuwe doelwitte vir jouself en jul gesin te stel.

Wat was jou ma se droom vir jul gesin? Gesels met jou pa daaroor. Dit kan ’n goeie vertrekpun­t wees om haar nalatenska­p te eer.

Moet intussen nie jou eie jongmensle­we by jou laat verbygaan nie. Wil jy dalk verder studeer? Talle interessan­te aanlyn kursusse is beskikbaar. Dit sal jou aandag van jou probleme aflei en jou laat moed skep.

Jy het dalk nog nie tyd gekry om jou ma se dood te verwerk nie. Jy het ’n skouer nodig waarop jy kan huil. Jy moet minstens een keer per maand vir ’n naweek by iemand gaan kuier en dan die huishoudin­g aan jou broers en susters oorlaat. Kuier sulke tye by positiewe mense van jou eie ouderdom. Werk is skaars, maar boelies volop. Jy gaan dalk êrens anders weer een aantref. As jou bestuurder nie een van die werk se reëls oortree nie, sal jy ’n manier moet kry om daarmee saam te leef. As hy jou intimideer, moet jy probeer sorg dat jy nie alleen by hom is nie.

Wanneer hy ’n vertrek binnestap waarin jy is, sorg dat jy besig raak sodat jy hom en sy lyftaal kan miskyk. Konsentree­r op jou werk en moet hom sover moontlik nie teengaan nie. Wees saaklik en moenie persoonlik raak nie.

Hou in gedagte dat jou telefoonge­sprekke by die werk afgeluiste­r kan word en die verkeerde mense jou e-posse kan lees. Die ouer meisie het ’n ernstige oortreding met jou minderjari­ge dogter begaan en jy moet haar by die polisie aankla, voor hierdie selfoonpes op iemand anders toeslaan. Jy ken jou kind die beste en sal weet hoe om dit met haar medewete te doen, want dalk het sy geheg geraak aan die ander meisie en wil nie hê sy moet in die moeilikhei­d beland nie.

By die polisiekan­toor moet jy die geheue- en simkaart van jou dogter se selfoon vir hulle gee.

Dertien is ’n drumpeloud­erdom waarop ’n mens maklik beïnvloed kan word. Jy en jou kind het nou versigtige leiding nodig oor hoe sy sekerheid oor haar seksuele identiteit kan kry. Jy sal dadelik ’n berader moet vra oor hoe jy jou kind daaroor leiding kan gee. Maar jy sal haar ook moet neem om die saak met iemand te bespreek wat sy voel haar nie sal oordeel nie.

Verander jou kind se selfoonnom­mer, kry vir haar ’n nuwe e-posadres en maak seker dat net haar vriende op Facebook en sosiale media tot haar toegang het. Laat sy die ander meisie op Facebook blokkeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa