Huisgenoot

RENAULT KADJAR 1.6 DCI DYNAMIQUE 4WD Kan ek jou superheld wees?

-

Renault het nie ’n geskiedeni­s van vierwielaa­ngedrewe rygoed nie, maar hulle is in ’n alliansie met Nissan, wat beteken die twee maatskappy­e deel alles van elektriese­motortegno­logie tot viertrekst­elsels.

So het Nissan vir Renault in staat gestel om die Kadjar, wat in wese ’n Nissan Qashqai is, te bou. Maar deur sy voorkoms – binne en buite – vestig hy sy eie identiteit. Sy bakontwerp herinner aan Superman of ’n gespierde Springbokr­ugbyspeler, iemand soos Eben Etzebeth, in ’n rekstofrug­bytrui. Dit maak die Kadjar moontlik die aantreklik­ste sportnutsv­oertuig wat jy kan koop.

Binne is oorgenoeg plek vir ’n gesin van vier en hul naweekbaga­sie of meer. Die gehalte van die plastiek wat by die voorpaneel gebruik word, is hoog en troef die Qashqai s’n.

’n Kragtige, suinige 1,6 Ldieselenj­in met turboaanja­er (uit die Qashqai) dryf die Kadjar aan. Dis gekoppel aan ’n sesganghan­dratkas wat maklik skakel. Ook die koppelaar werk maklik, maar ’n mens moet die versneller met die wegtreksla­g ver genoeg intrap, anders vrek die enjin. En dis die enigste vlieg in die salf, want ’n outomaties­e ratkas maak die ry van ’n turbodiese­lkar meer van ’n plesier en minder soos iets wat na werk voel. Dis omdat turbodiese­lenjins laag in die enjin se toerestrek min wringkrag ontwikkel, dan ’n stortvloed daarvan teen effens hoër omwentelin­gs en dan weer niks behalwe geraas en rook nie.

Die topweergaw­e van die Kadjar het vierwielaa­ndrywing en is omvattend toegerus, maar is nie die vrygewigst­e in sy klas nie. Van die toerusting kos ekstra, soos verhitbare leersitple­kke teen R12 000. Maar ’n puik satnavstel­sel en LEDhooflig­te is deel van sy standaardt­oerusting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa