Huisgenoot

HYUNDAI TUCSON 1.6 TURBO 4WD ELITE Duitse styl uit Korea

-

Hyundai se eerste Tucson het in 2005 hier aangekom. Dit was ’n wegholsuks­es en sy opvolger, die Hyundai ix35, was ewe gewild. Hyundai se hoofkantoo­r het egter besluit hy moet weer Tucson heet (uitgespree­k “toeson”, na die stad Tucson in Arizona, VSA.)

Die Tucson het gestalte gekry onder leiding van die ontwerpsup­erster Peter Schreyer, die Duitser wat die Koreane by Audi afgerokkel het. Die bakontwerp is hoekiger as die Kadjar s’n en nie heeltemal so aantreklik nie. Maar voorkoms is subjektief en dis nie al wat die Tucson in sy arsenaal het nie.

Hoogtepunt­e is sy veiligheid­skenmerke, soos die waarskuwin­g wat die bestuurder sal kry wanneer hy agteruit uit ’n parkeerple­k beweeg en ’n gevaar bestaan dat ’n ander motor hom kan tref. Die Tucson sal ook protes aanteken wanneer jy van bane wil verwissel en ’n ander voertuig in jou blindekol is. (Laasgenoem­de is opsioneel in die Kadjar.)

Die binneruim is groter as tevore en die gehalte beter. Die bagasierui­m is selfs groter as die Kadjar s’n.

Die Tucson 4WD Elite kan ook al vier wiele aandryf en die bestuurder hoef niks te doen om dié funksie aan te skakel nie. Hyundai sê die elektronie­se stabilitei­tsbeheer is aansienlik meer gevorderd as tevore en dit kan jou bas red wanneer jy tegelyk op ’n gladde oppervlak draai en rem.

Die Tucson wat ek bestuur het, was nes die Kadjar die topvariant. Dit beteken onder meer hy het ook ’n 1,6 L-turbo-enjin, maar dié een loop op petrol. Dit maak hom dorser as die Kadjar, maar hy is gekoppel aan ’n lekker gladde outomaties­e ratkas wat meestal naatloos ratte verwissel – soms met ’n tikkie huiwering.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa