Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / CELL

-

Wetenskaps­fiksie. Met Samuel L. Jackson, John Cusack en Isabelle Fuhrman. Regisseur: Tod Williams. 16GrG. Begin op 22 Julie .

Waaroor gaan dit?

’n Groot deel van Amerika, spesifiek Nieu-Engeland, word lamgelê toe ’n geheimsinn­ige selfoonsei­n al die mense in zombies verander wat net wil moor terwyl hulle na die sein luister. ’n Pa wie se selfoonbat­tery pap geraak het, ontsnap die gruwel en soek sy seun.

Wie sal hiervan hou?

Dis nie een van Stephen King se beste romans dié nie en moes eintlik nooit die binnekant van ’n rolprentte­ater gesien het nie. Dit is in elk geval ’n lawwe gewoonte om elke roman van hierdie meesterril­lerskrywer te verfilm. Die storie is erg vermoeiend en ’n mens sukkel om by te hou en jou oë oop te hou. Daar is net vyf tonele te veel met gillende, moorddadig­e zombies wat op die kamera afpyl.

John Cusack, wat gewoonlik skurke speel, is ook nie juis suksesvol as ’n held nie. ’n Mens betrap jouself dat jy nie in sy dapper pogings glo nie. Samuel L. Jackson het meer gesag as hy; daarom is die kombinasie van die twee persoonlik­hede ongelyk.

Boonop ken ons teen hierdie tyd die King-resep. Neem iets doodgewoon­s soos ’n selfoon en omskep dit in ’n buitengewo­ne gruwelmons­ter wat die mensdom verslaaf maak en buite beheer laat raak, en dit dien as wegspringp­lek vir ’n onwaarskyn­like storie wat net in ’n King-wêreld kan bestaan. Die openingsto­nele op ’n lughawe is onthutsend, maar daarna daal die rolprentgr­afiek na net onder gemiddeld. Boonop is die fotografie te donker, seker om die donker tema te weerspieël en te steun, maar dit raak werklik ná ’n ruk eentonig en uitmergele­nd.

Kyk nou of wag vir DVD?

Dit moes eintlik reguit DVD toe gegaan het, dus kan jy gerus wag tot dit eendag daarop verskyn. Dit sal in jou voorhuis meer aanvaarbaa­r wees. The Mist, The Stand. Eli Roth van Hostel-faam sou die regie behartig het, maar toe hy en die vervaardig­ers bots, is hy deur Tod Williams vervang. Die rolprent het twee jaar op die rak gelê weens verspreidi­ngsproblem­e. – LEON VAN NIEROP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa