Huisgenoot

KREUPEL RIDDER

Willem Maarschalk baklei teen ’n duiwel wat onder stille waters ronddraai

- R190*).

ERS was daar Saliger, nou is Vrediger op die winkelrakk­e en later kom Hei liger. Of hier ’n patroon aan die ontwikkel is, kan die skrywer van dié boeke, Dibi Breytenbac­h, nie met sekerheid sê nie.

“Dit is moontlik. Ek kan dit egter nie voorspel nie, want net soos ’n kind groei ’n boek ook in sy naam in. Vrediger se titel was eers Die Evolusie van Krokodille. Die werktitel van die manuskrip waarmee ek nou besig is, is Heiliger, maar dit kan ook verander. Dalk is die finale weergawe iets anders soos Die Spook van die Dale. Wie weet?”

Sy sê dis net soos sy ook in haar naam ingegroei het: “Dibi pas by my postuur – dit is ’n kort, ronde naam.”

Dibi is ’n regsgeleer­de in Vryheid “to hell and gone in Noord- Natal”. Sy werk die afgelope 20 jaar in die strafregst­elsel.

“Die kriminele wêreld is een wat ek goed ken, en ek staan altyd verstom oor die chaos wat dit in sy warrelstro­om laat. Dit is ’n omgewing waar ’n mens die beste en die boosste van die mens heid op sy mees basiese vlakke leer ken.

“Dit is ’ n voorreg. Dit is ook ’ n soort werk wat ’ n mens nie kan doen as jy nie regtig van mense hou nie.”

Al het sy verlede jaar eers gedebuteer, kom haar skrywery van ver af.

“Ek en my broer, Henk, skryf nog altyd, vandat ek kan onthou. Ons albei is ywerige lesers en om te skryf is mos maar die ander kant van dieselfde munt.

“Ons het deur die jare hoofsaakli­k ons stories aan mekaar gestuur, maar nooit regtig gedink aan publikasie nie.

“In 2014 was ons byna gelyktydig klaar, ek met Saliger en Henk met Kodenaam: Icarus. Dié keer het hy besluit om sy manuskrip aan ’n uitgewer te stuur.

“Min of meer dieselfde tyd word kanker toe (verkeerdel­ik) by my gediagnose­er en vas onder die indruk van my eie sterflikhe­id lê ek Saliger toe voor.

“Ons het destyds nie vir die uitgewers gesê dat ons familie is nie om redes wat ek nie eens meer kan onthou nie.

“Cecilia Britz van Lapa het egter agter die kap van die byl gekom toe sy ’n verwysing raaklees wat ek in Saliger na Vic Nel gemaak het. Vic is natuurlik Henk se hoofkarakt­er in Kodenaam: Icarus.”

Dibi het die verhaal van Vrediger baie ver gaan haal.

“Dit het sy oorsprong in die Magna Carta – kan jy dit glo?” vertel sy.

“Geskiedeni­s as ’ n stokperdji­e fassineer my eindeloos en tydens verlede jaar se 800ste herdenking van die ikoniese dokument het ek het heelwat daaroor gelees.

“Dit was ’n tydperk van Dibi Breytenbac­h is die skrywer van die spanpannin­gsroman Vrediger (Lapa, interessan­te karakters en verknoopte intriges met konflikte oor grondgebru­ik en eiendomsre­g wat net so op kontemporê­re omstandigh­ede van toepassing gemaak kon word,” verduideli­k Dibi.

“Dit t was ook ’n tydperk van ridders en konings en prinsesse.

“Die hoofkarakt­er in die boek, Willem Maarschalk, ’n kreupel prokureur, is geskoei op ’n ridder wat werklik geleef het.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa