Huisgenoot

WAT IS KLANK?

-

WAT hoor jy soggenss heel eerste? Dalk is dit itt jou wekker wat langs jououu bed afgaan of die voëltjies ëlltjies wat buite jou venster nstern tjirp. Klank omring ons heeldag lankk – wanneer jy met jou maats gesels, jou onderwyser iets in die klas verduideli­k en jy na musiek luister of televisie kyk. En saans wanneer jy aan die slaap raak, hoor jy dalk hoe jou hart klop voor jy in ’n klanklose droomwêrel­d wegglip. Dit is byna onmoontlik om jou ’n wêreld sonder klank in te dink. Klank is ’n soort energie wat deur vibrasies veroorsaak word. Wanneer enige voorwerp vibreer, laat dit die lugdeeltji­es rondom dit beweeg. Dié lugdeeltji­es bots met ander deeltjies langs hulle, wat maak dat daardie deeltjies ook

Wanneer jy ’n klip in ’n dam met ’n begewinglo­se oppervlak gooi, kring die sirkels ál verder in golwe uit. Dieselfde gebeur met klankgolwe.

begin vibreer en weer met ander lugdeeltji­es bots. Eindelik begin selfs die lugdeeltji­es in jou oor vibreer; dis wanneer jy die klank hoor. Dié beweging, wat klankgolwe genoem word, hou aan gebeur tot die deeltjies nie meer energie het nie.

Dink aan ’n klip wat jy in ’n dam met ’n beweginglo­se oppervlak gooi. Die kringgolwe beweeg ál verder en verder weg.

Dieselfde gebeur met klankgolwe. Onreëlmati­ge klankgolwe veroorsaak geraas, terwyl reëlmatige golwe musikale note voortbring. Wanneer die vibrasies vinnig is, hoor jy ’n hoë klank; wanneer dit stadig is, hoor jy ’n lae klank.

Nes lig vanuit ’n spesifieke bron soos die son of ’n lamp beweeg, kom klank ook voor vanuit ’n bepaalde bron, soos ’n instrument of ’n raserige masjien. Die een groot verskil tussen lig en klank is dat klank nie deur ’n vakuum kan beweeg nie. Wanneer lig van die son na die Aarde beweeg, straal dit deur die vakuum in die ruimte. Maar klank moet altyd deur iets soos lug, water, glas of metaal beweeg.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa