Huisgenoot

AUSTRALIES­E OPE 2016

-

H EERINNERIN­GE aan die dae toe hy in Kosovo vir bomaanvall­e moes wegkruip, spook nog by hom. Daarna het hy harte op die tennisbaan verower, maar eers werklik sukses behaal toe hy sy leef- en denkwyse verander. Tog is die leerproses nooit klaar nie, sê Novak Djokovic aan die joernalis Matthew Syed. K SIT oorkant die man op die kruin van sukses in wêreldtenn­is. Hy wys na vier bottels sap wat langs mekaar in ’n volmaakte ry staan: die een is groen, een geel, een oranje en een rooi. “Watter een wil jy hê?” vra hy. “Watter een beveel jy aan?” vra ek. “Die groen sappe is my gunsteling,” sê hy terwyl hy versigtig ’n bietjie in ’n glas skink en dit vir my aanbied. “Dit het verskeie gesondheid­svoordele. Dit detoks jou. Die groen blaargroen­tes is ryk aan minerale, vitamiene en ensieme. Dit verbeter jou energie en spysverter­ing en dit het ’n goeie uitwerking op jou organe. Dit bevat ook volop yster.”

Ek het nie ’n antwoord met soveel besonderhe­de verwag nie, maar ek kom gou agter Novak Djokovic, die wêreld se no. 1-manstennis­speler, pak selde iets halfhartig aan.

Ons eet middagete in die organiese restaurant wat hy pas geopen het in Monaco, waar Novak en sy vrou, Jelena, woon. Dis vier dae ná die eindstryd van die Franse Ope, wat die 29-jarige tennisspel­er gewen het. Daarmee het hy die eerste man sedert Rod Laver van Australië in 1969 geword wat al vier Grand Slam-titels gelyktydig hou. Novak dra ’n kortbroek en plakkies.

Jelena (30) glimlag. “Hy is ’n student. Hy wil oor alles leer; al die besonderhe­de wat hom kan help verbeter,” sê sy. “Hy was lank die derde man van tennis en dis waar die meeste mense gedink het hy gaan bly. Rafa (Nadal) en Roger (Federer) was so goed. Maar hy het boeke gelees, met mense gepraat, nuwe idees nagevors . . . Hy het van voorarm- en handrughou­e geweet. Maar hy het gevoel daar’s ander goed wat hom kan help. Kyk jy na ou foto’s, sal jy sien sy neus was ’n bietjie opgepof. En sy bolip was dikwels geswel. Hy het probleme met sy neus gehad.”

“Jy bedoel jy het gesukkel om my te soen,” sê Novak met ’n glimlag. “Nee, ek bedoel jy het gesnork,” terg Jelena.

“Hy het alles reg gedoen: geoefen, gestrek . . . maar dit was nie genoeg nie. Toe sê hy: ‘Ek gaan nuwe idees op die proef stel.’ Hy het aan sy neus laat opereer om van ’n klein blokkasie ontslae te raak,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa