Huisgenoot

VLUGTEND MET MY ‘ONTVOERDE’ KIND

-

SY HET die mooiste bruin skouerleng­tehare en haar bruin oë skitter. Een armpie is om haar pa se groot skouers gevou. ’n Mens kan sien sy is lief vir hom. Die meisietjie (8) is ook nie skaam om jou dit te vertel nie. “Ek is lief vir my pappa en my suster en ek wil saam met hom gaan,” sê Anja* voor sy hom op sy mond soen.

Maar dié video, wat haar pa, Michael Kliment, van “iewers uit Europa” aan Huisgenoot gestuur het, is veel meer as net ’n soete oomblik tussen ’n pa en dogter. Die twee is al sedert 28 Junie aan’t vlug van die polisie in Slowakye en ook Interpol.

Op daardie dag het Michael (43), ’n sakeman van Port Elizabeth, besluit hy het genoeg gehad van die gesloer ná sy eksvrou se dood in April vanjaar om hul dogter uit Slowakye terug te bring Suid-Afrika toe. Hy is ook pa van ’n 19jarige dogter uit ’n vorige huwelik, Anja se ousus. Hy het genoeg gehad van regstelsel­s wat saak ná saak in sy guns beslis, maar steeds kom Anja nie huis toe nie, en ook genoeg van skoonfamil­ie wat sy dogter van hom af weghou.

“Vaderlike liefde het my verskeur,” vertel hy. “Dis my dogter. Haar ma leef nie meer nie en ’n pa is die tweede beste ding. Sy moet by my kom woon. Ek kan tegelyk ’n wonderlike pa én ma wees.”

HY HET dit alles haarfyn beplan – soos ’n toneel uit ’n fliek. Hy sou Anja net ná seweuur voor haar skool gryp. Twee vriende van hom wat in die veiligheid­sbedryf werk, het Anja se ouma se huis op ’n dorp in Slowakye dopgehou. Nog twee vriende was by Michael. Al vyf het heeltyd met handradio’s in verbinding gebly. “Een ou het gesien hoe my dogter en haar ouma saam uit die huis stap,” vertel Michael. “Hy het hulle dopgehou en ons op die hoogte gehou.”

Michael en ’n vriend het naby die skool se ingang aan die bopunt van die trap gewag. Nadat die ouma voor die skool omgedraai het, het die vriend Anja gegryp. “Sy het eers geskrik, maar toe sy my sien, het sy tot in my arms gehardloop, my gedruk, begin huil en gesê: ‘Pappa, Pappa.’ ”

Met Anja in sy arms het hy na sy voertuig gehardloop, ingespring en weggery. Sy vriende het in voertuie voor en agter hulle in ’n konvooi deur die strate gery. Hulle het geweet sodra Anja as vermis aangemeld word, kan die grensposte binne ’n driekwarti­er gesluit word.

Hulle was binne 50 minute by die Hongaarse grens. Van daar is Michael en Anja

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa