CRAVENWEEK: HIER GEBEUR MOS DINGE
Ons land se stadions raak ál leër, maar by skolerugby is die energie nog tasbaar
RUGBY in Suid- Afrika bloei! kondig ’n koerantopskrif aan. Ondersteuners sidder. Tog sien ’n mens by die Cravenweek op die rugbyvelde van Paarl Gimnasium baie hoop vir die toekoms. Die room van die land se o.13-rugbyspelers meet vandag op dié Bolandse dorp kragte. Die hoofpaviljoen is al van vroegoggend af byna stampvol toeskouers. Die energie is tasbaar, iets wat op die oog af by “grootmensrugby” ontbreek. Nuweland in Kaapstad is al stadion in die land wat vanjaar op ’n Saterdag gemiddeld meer as halfvol was. Die Goue Leeus kon dié seisoen gemiddeld net ’n raps onder die 20 000 toeskouers per wedstryd lok. En die Blou Bul-heilig- dom, Loftus Versfeld in Pretoria, beleef sy swakste bywoning in jare, berig Rapport.
“Met die mooi hardlooprugby wat ek op skolevlak ervaar, is ek nie eens meer lus om Superrugby te kyk nie,” sê Gerrit le Roux, ’n boer van Uniondale. Hy lê jaarliks 40 000 km af om sy seuns, Simon (16) en Neil (13), se wedstryde te sien.
“Dis rugbyontwikkeling dié,” sê Louise Liebenberg. Haar seun, David (13), oftewel “Boela”, het ’n wendrie vir die Griffons van die Noord-Vrystaat gedruk. Hy is in die Sentrale Volkskool in Kroonstad, maar het aanbiedinge van ander skole ontvang wat rugbytalent soek. Francois Liebenberg, sy pa, sê juis by die Cravenweek loop “ouens met dik beursies” rond.
Die kommersialisme van rugby is al op skoolvlak ’n probleem, sê Brendan Venter, oud-Boksenter. Hy was langs die veld toe sy seun en naamgenoot vir WP se o.16-span teen Boland uitdraf. Hulle het 12-20 verloor. “Die afrigters is onder druk om tot elke prys te wen; daarom bestee hulle minder tyd aan aanvalsvaardighede slyp,” sê Brendan, wat al die Engelse klubspan Saracens afgerig het.
Die filosofie van wyle Danie Craven, na wie die rugbyweek genoem is, word nie meer nagevolg nie, meen hy. “Hy het geglo dis nie die wenspan wat noodwendig in die hoofwedstryd moet speel nie; dis die een wat die beste soort rugby gespeel het.” Brendan dan stel voor: “Ons moet t wegdoen met die ranglyste te van die beste sportskolee en weer mooi rugby aanmoedig,moedig, waar jy bal in die hand wen.”
VOOR die stryd tussen die Valke en die Haaie word ’n oomblik van stilte gevra vir Jean- Jireh Yamwimbi (16). Hy sou as Valke-slot uitgedraf het, maar is twee dae tevore weens bloeding op die brein oorlede. Hy het glo in ’n wedstryd vir sy skool, die Tegniese Hoërskool Rhodesfield in Kempton Park, harsingskudding opgedoen.
“Dis ’n ma se grootste vrees,” sê Martia Mettler. Haar seun, Charlton (13), speel vir die Griffons. “Hy het gelukkig nog nie seergekry nie,” sê sy. “Ons bid dit bly so.”
Die meeste ma’s met wie ons by die Cravenweek gepraat het, is bekommerd oor hul seuns se veiligheid op die veld. Tog oorskadu die vreugde wat hul kinders uit rugby put hul vrese, sê talle.
’n Pa spring op en af langs die veld. Dis McPherson Mkhontwana van Krugersdorp, wie se seun Andile vir die Goue Leeus heelagter speel. Hulle het Boland pas 15-10 geklop. “Ek het met sokker