Huisgenoot

TRANSFORMA­SIE IN SKOLERUGBY

-

grootgewor­d,”grootge eword,” sê McPherson, eienaar van ’n spysenieri­ngsonderne­ming.sp Andile se sko skool bied nie sokker aan nie. “Toe besluit hyh om rugby te speel. Al sy spanmaats is daar op meriete; daar is nie dinge soos kwotask nie,” sê McPherson beslis.

As skoliersko was Jaco Ehlers van Pretoria vier keer by die Cravenweek; later het hy vir die ou Noord-Transvaal uitgedraf. Die oudste vanv sy drie seuns, Charl (13), het die Crav Cravenweek gehaal. “Die toekoms van ons rugby is gesond,” sê Jaco.

Tog skets syfers van die departemen­t van sport en ontspannin­g ’n minder bemoedigen­de prentjie: Van die 25 000 skole in die land is net 84, die ou model C- en privaat skole, die voedingsbr­on vir alle rugby-, krieket- en hokkiespan­ne op provinsial­e en later nasionale vlak. Andile Mkhontwana (Goue Leeus-heelagter) by ma Sophie, pa McPherson en kleinboet Zipho. By navraag oor transforma­sie in skolerugby verwys Mickey Modisane, woordvoerd­er van die nasionale departemen­t van sport en ontspannin­g, na die jongste EPG-transforma­siestatusv­erslag oor skolesport. Dit bevat bemoedigen­de syfers, al is daar nog uitdagings.

Nes met sportsoort­e soos netbal, hokkie, swem en gimnastiek word die swart bevolking nog nie op die rugbyveld na wense verteenwoo­rdig nie. Vergeleke met ander sporte vorder dit wel goed. Skolerugby het 50 persent geakkredit­eerde

En volgens verskillen­de unies se syfers word by ál minder skole in hul streek rugby gespeel, onder meer weens minder onderwyser­s wat as breiers kan dien.

Tog voorspel oorsese navorsers die getal rugbyspele­rs wêreldwyd kan teen 2026 verdubbel tot 15 miljoen. Daar is nou 150 rugbyspele­nde lande, maar ál meer stel belang. As ons nasionale en provinsial­e spanne goed vaar, sal meer kinders wil deelneem, reken Brendan.

Op laerskool moet spanne eerder sewes- as 15-talrugby speel, sê die historikus prof. Floris van der Merwe. “Hulle sal baie meer basiese vaardighed­e aanleer.”

Dit sal ook ma’s se vrese temper, veral oor beserings. “Hier is drie teen drie in die skrum. Dis net inhaak en dan verder speel,” sê Floris. Ook word nie geduik nie. Sal jy jou seun aanmoedig om rugby te speel? wou Huisgenoot op Facebook by lesers weet ná berigte dat die belangstel­ling in die sport taan. “Rugby is my seun se lewe,” vertel Marie Botha op Facebook. “Hy het onlangs ’n lelike enkelbreuk op die veld opgedoen. Toe hy uit narkose wakker word, was sy eerste woorde: ‘Ek sal weer rugby speel.’ ”

Sy steun sy besluit. “Rugby het my kind al baie geleer: hoe om in ’n span saam te werk, hoe om nederig te bly ná al die kompliment­e en hoe om vas te byt.” BRON: SRSA.GOV.ZA

Sedert 2010 werf die Laerskool Garsfontei­n in Pretoria landwyd belowende rugbyspele­rs uit voorheen benadeelde gemeenskap­pe en borg danksy geldinsame­lings hul losies, uitrusting­s en ander benodigdhe­de, sê Retief Smith, rugbyhoof. Dié voormalige “swak rugbyskool” het nou so gewild geraak, hulle moes ’n nuwe koshuis bou.

Danksy meer seuns wat by skole soos Garsfontei­n toegang tot rugby kry, lyk dinge op universite­itsvlak reeds belowender, sê Xhanti-Lomzi Nesi van Varsity Sports. Hulle help spelers wat nie op junior vlak vir provinsial­e spanne gekies word nie om universite­ite se top spanne te haal. “Ons is opgewonde oor ’n geesdrifti­ge toekoms.” EKSTRA BRONNE: WARC.COM, ETCNBC.COM, NETWERK24.COM

Rosemay Marx Botha skryf: “Ek laat my seun doen wat hy wil en gelukkig het hy reeds sy passie gevind: gimnastiek, waarin hy al WP-kleure verwerf het.”

Soms ontmoedig afrigters – en nie ouers nie – seuns om rugby te speel, blyk uit Alta Alberts Thaysen se vertelling: “My seun was mal oor rugby en het taamlik goed gevaar. Toe kry hy op hoërskool ’n afrigter wat die hele tyd vir hom sê hy is te klein om rugby te speel. Ná twee jaar op die bank het hy moed opgegee en nou fokus hy op krieket.”

 ??  ?? LINKS en ONDER: By die Cravenweek-toernooi by Paarl Gimnasium het die seuns hul hart uitgespeel. INLAS LINKS: David “Boela’’ Liebenberg van die Griffons nael doellyn toe. BO: Ruan Barnard (Oostelike Provinsie), sy pa, Cobus, suster, Rebecca, en ma,...
LINKS en ONDER: By die Cravenweek-toernooi by Paarl Gimnasium het die seuns hul hart uitgespeel. INLAS LINKS: David “Boela’’ Liebenberg van die Griffons nael doellyn toe. BO: Ruan Barnard (Oostelike Provinsie), sy pa, Cobus, suster, Rebecca, en ma,...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa