Huisgenoot

NEE, NIE WÉÉR MY VROU NIE!

-

MIN dinge kan so traumaties wees as wanneer mense by jou huis inbreek om jou seer te maak. Toe inbrekers in 2010 Jurie Steenkamp se vrou van 22 jaar, Suna, in hul huis op hul kleinhoewe noord van Pretoria skiet en sy later sterf, het hy gedink hy sou nooit kon herstel nie.

Maar toe kom Riekie Lourens, die vrou wat hom geleer het om weer lief te kry, om weer vir die lewe kans te sien. Vier jaar ná Suna se dood het Jurie met Riekie getrou en het hulle hul lewe saam in die einste huis begin waarin sy eerste vrou geskiet is. Hulle sou dié tragiese gebou weer ’n gelukkige tuiste maak.

En toe, verlede maand, gebeur iets so verskrikli­ks dat ’n mens dit amper nie kan glo nie. Nog ’n inbraak. Riekie word voor sy oë doodgeskie­t. Twee huwelike. Twee aanvalle. Twee noodlottig­e skote. Onder dieselfde dak.

“Nou het ek my tweede vrou ook ver- loor,” sê Jurie tussen die trane deur waar hy in sy huis praat oor die dag waarop Riekie geskiet is. Hy maak ’n geweerteke­n met sy wysvinger en duim en wys na sy voorkop. “Ek het vir die inbreker gesê: ‘Skiet my hier!’ Ek wou nie meer leef nie. Ná so iets is daar nie vir jou ’n lewe nie.”

DIE beste herinnerin­g aan sy 22 jaar saam met Suna is hoe hulle gedans het, vertel die 53-jarige wewenaar. Suna se polsende ritme en lewenslus was die spil waarom sy Foto’s: wêreld gedraai het op die aande dat hulle op die dansbaan in mekaar se arms was. “Twee dekades lank was ek met die beste vrou ter wêreld getroud,” vertel hy op sy kleinhoewe in Leeuwfonte­in, noordoos van Pretoria.

Maar sy wêreld het inmekaarge­tuimel toe misdadiger­s by hul luukse grasdakhui­s inbreek en Suna (43) twee keer in die kop en een keer in die been skiet. Jurie, ’n sakeman wat lapas en houtdekke gebou het, was by die werk. Hy het ses maande lank langs haar bed gewaak toe sy ná die aanval in ’nn koma was.

 ??  ?? JACQUES MYBURGH FANI MAHUNTSI
JACQUES MYBURGH FANI MAHUNTSI
 ??  ?? LINKS: Jurie het alles net so gelos in die kamer waar Riekie doodgeskie­t is. REGS: Sy was pynlik netjies, vertel hy.
LINKS: Jurie het alles net so gelos in die kamer waar Riekie doodgeskie­t is. REGS: Sy was pynlik netjies, vertel hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa