Huisgenoot

SOUT IN JIM SE WONDE

- V en,” g g

Jwas woedend toe sy eksmeisie se lykskouing­sverslag en selfdoodbr­iefie onlangs uitgereik is nadat die nadoodse verslag uitgelek het. Die 30-jarige Ierse grimeerkun­stenaar is in September verlede jaar dood aangetref in haar huis in Sherman Oaks, Kalifornië, enkele dae nadat die paartjie ’n tweede keer uitgemaak het. Die toksikolog­ieverslag het bevestig sy het haar eie lewe geneem. Verskeie voorskrifp­ille is ook in haar liggaam gekry. Sy het in ’n hartroeren­de selfdoodbr­iefie aan Jim geskryf: “Ek het nou al drie dae in ongeloof deurgebrin­g met die wete dat jy

CIARA

nie hier is nie. Ek kan met ’n gebroke hart aangaan en die stukke bymekaar probeer sit. Ek kan, maar ek het dié keer net nie die wilskrag daarvoor nie. Ek is jammer jy het gevoel ek is nie daar vir jou nie. Ek het probeer om jou die beste deel van my te gee.”

Sy vra ook hy moet haar begrafnis reël. “Jy is my familie; wat jy ook al kies, sal in die haak wees. Vergewe my asseblief. Ek is net nie gemaak vir dié wêreld nie.”

Jim (54) is verpletter dat die briefie openbaar gemaak is. “Toe ek Hollywood toe kom as komediant, het ek vinnig geleer die besonderhe­de van my privaat lewe sou soos gratis eetbewyse aan die media uitgedeel word,” het hy in ’n verklaring gesê. “Ek het nooit gedink die mense wat ek die liefste het, sou ook op die spyskaart wees nie. Wat ’n jammerte.” BRONNE: PEOPLE.COM, TMZ.COM, DAILYMAIL.CO.UK

RUSSELL WILSON

en die voetbal-spelmaker het onlangs afgehaak in Cheshire, Engeland. Die 30-jarige sangeres van die treffer Goodies, wat ’n tweejarige seun by die rapper Future het, en Russell (27) het glo nie voor hul troue by mekaar geslaap nie en dit lyk asof dit die wag werd was. Russell het gehuil toe hy en Ciara eindelik intiem verkeer, het iemand in die binnekring vertel. “Wat ons gisteraand gedoen het, wil ek sommer nog baie doen,” het hy op Snapchat geskerts.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa