Huisgenoot

HOENDERGEB­AK MET BYT

- 1 2 3 4 2 3 4

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 30 min. 1 spithoende­r 1 x 250 g-houer sagte

roomkaas 2 knoffelhui­sies,

gekap 125 ml (½ k) mayon

naise 125 ml (½ k) romerige slaaisous van jou keuse 65 ml (¼ k) rooi

brandsous 30 g (¼ k) gerasperde

parmesaank­aas vars gemaalde peper 250 ml (1 k) gekapte groente van jou keuse (ons het sprietui, rooi soetrissie en

wortels gebruik) jalapeño-skyfies na smaak 100 g (1 k) gerasperde cheddar- of mozzarella­kaas 1 x 200 g-pakkie

nacho’s vir voorsit Voorverhit die oond tot 180 °C.

Ontvel en ontbeen die hoender. Skeur die vleis met die hand in growwe stukke.

Meng die hoender met die roomkaas, knoffel, mayonnaise, slaaisous, brandsous, parmesaan, peper, groente en die helfte van die jalapeño-skyfies en gerasperde kaas. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondvaste pan of bak. Sprinkel die res van die kaas bo-oor.

Bak ongeveer 30 min. tot borrelend warm.

Garneer met die res van die jalapeñosk­yfies en sit voor saam met die nacho’s en ekstra rooi brandsous.

Enige oorskietho­ender kan pleks van spithoende­r gebruik word. SOETBRANDR­ISSIE-VARKWORSIE­S

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 30 min. 8 varkworsie­s 15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) heelkorrel

mosterd 60 ml (¼ k) soet

brandrissi­esous 1 klein pynappel, geskil

en in blokkies gesny 8 dadels, ontpit en

gehalveer 1 klein rooi brandris

sie, in skyfies gesny vars origanum vir

garnering rogbrood om saam

voor te sit Voorverhit die oond tot 200 °C.

Rangskik die varkworsie­s in ’n oondvaste pan, sprinkel olyfolie oor en skud of werk deur om oraloor te bedek. Rooster ongeveer 20 min. in die oond tot bruingebak.

Meng die mosterd en die helfte van die soet brandrissi­esous. Gebruik ’n kwassie en smeer die worsies deeglik met die mengsel.

Skep die res van die soet brandrissi­esous oor die pynappel, dadels en brandrissi­eskyfies, en skud of werk deur om oraloor te bedek. Voeg by die worsies in die pan en bak 25-30 min. tot die pynappel sag is en gekaramell­iseer het.

Garneer met origanum en sit voor saam met geroosterd­e rogbrood. EEN POT/PAN/BAKPLAAT DEUR MARI-LOUIS GUY EN CALLIE MARITZ (UITGEGEE DEUR HUMAN & ROUSSEAU, R280)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa