Huisgenoot

VERRASSING: JY TROU MÔRE!

Nadat Stephen en Odette al vyf jaar daaroor gepraat, maar nooit voor die kansel gestaan het nie, het hy en haar vriendinne ingegryp

- Deur JANA SMIT

HAAR troudag is tot in die fynste besonderhe­id beplan, amper presies soos Odette Ferreira jare lank daarvan gedroom het. Maar anders as ander bruide, het sy nie al weke voor die tyd begin naels kou oor al die reëlings nie. Want tot die aand voor die troue was sy salig onbewus daarvan dat sy en haar verloofde die volgende dag eindelik voor die kansel gaan staan.

Odette (30) en Stephen Ferreira (33) ken mekaar al langer as nege jaar. Nadat die twee al die afgelope vyf jaar “beplan om te trou”, het Odette se ma, Jenny Els, besluit om in te gryp.

“My skoonma het gesê wat daarvan as ons vir Odette se 30ste verjaardag ’n verrassing­stroue hou,” vertel Stephen ses dae ná hul troue by hul huis in Bloemfonte­in. Hy en Odette het in 2011 verloof geraak en was van plan om in November aanstaande jaar te trou.

Jenny en Odette se vriendinne het ’n reëlingsko­mitee gevorm en die troue binne vyf weke beplan.

Om te keer dat die toekomstig­e bruid snuf in die neus kry toe haar vriendinne almal skielik so besig raak, het hulle ook vir haar ’n verrassing­spartytjie vir haar verjaardag op 15 Junie gereël. Maar die troudatum – 9 Julie – het tot die aand voor die tyd vir die toekomstig­e bruid ’n dig bewaarde geheim gebly.

Toe het haar vriendinne Alicia de Jonge (28) en Yolandi Ferreira (30), Odette se vennoot in ’n skoonheids­alon, haar met ’n geskenkbok­sie verras met alles daarin wat ’n bruid nodig het – iets ouds, iets nuuts, iets geleens en iets blous. Daarna het die res van die vriendinne, wat weggekruip het, by hulle aangesluit.

’n T-hemp met die woorde “Mev. Ferreira, ja, jy trou” het die groot nuus oorgedra. Daarby was die troukaartj­ie. Toe Odette die datum daarop sien en besef sy trou die volgende dag, het sy van pure skok die geskenkbok­sie neergegooi, “nee!” geskree en begin huil.

Waar sy en Stephen nou knus langs mekaar op ’n bank in hul sitkamer sit, sê Odette die verrassing­stroue was eintlik

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa