Huisgenoot

LENSIESTOW­E OP STYWEPAP

- 2 3 4 1 2 3 5 6 (Blaai om)

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 5 min. Gaarmaak: 20 min. STOWE 15 ml (1 e) olyfolie 125 g spekstukki­es

(opsioneel) 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies,

gekap 1 brandrissi­e, gekap 4 takkies tiemie 50 g tamatiepas­ta 250 ml (1 k) groente

aftreksel 250 g kersietama­ties 2 x 410 g-blikke bruinlensi­es, afgespoel en gedreineer 15 ml (1 e) suiker 15 ml (1 e) suur-

lemoensap sout en vars gemaalde

peper VIR VOORSIT 4 x 250 ml (4 k) gaar

stywepap

Stowe

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die spek (indien gebruik) tot bros. Voeg die ui, knoffel, rissie en tiemie by en roerbraai 5 min.

Voeg die tamatiepas­ta en groente- aftreksel by en verhit tot kookpunt. Voeg die kersietama­ties by en laat prut tot dit begin bars.

Roer die lensies by en verhit. Geur met die suiker, suurlemoen­sap, sout en vars gemaalde peper.

Skep die stywepap in bakkies en van die lensiestow­e bo-oor, sprinkel vars tiemieblar­e* oor en sit voor.

Vir voorsit Vir ’n vullender maaltyd kan oorskietbo­erewors of -braaivleis in stukkies gesny en by die lensies ingemeng word. MOSTERDVAR­K MET UIESOUS

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 2-3 uur 800 g varkboud sout en vars gemaalde

peper 1 ui, in wiggies gesny 4 x 250 ml (4 k)

hoenderaft­reksel SMEERSEL 15 ml (1 e) heelkorrel

mosterd 15 ml (1 e) Dijon

mosterd 15 ml (1 e) olyfolie UIESOUS 30 ml (2 e) botter 3 uie, in skyfies

gesny Voorverhit die oond tot 170 °C.

Geur die varkboud oraloor met die sout en peper.

Smeersel

Meng die twee soorte mosterd en olyfolie deeglik en smeer goed oor die boud.

Pak die uiewiggies in ’n oondbak met ’n deksel. Sit die boud bo-op die wiggies en giet die aftreksel in die bak. Die boud moet driekwart bedek wees met aftreksel. Voeg nog aftreksel by indien nodig.

Sit die deksel op en rooster 2-3 uur in die oond of tot die boud uitmekaarv­al.

Verhit die botter in ’n diep pan en braai die uie tot goudbruin. Giet 250 ml (1 k) van die pansappe van die varkboud by en laat prut tot die sous dik is. Geur met die sout en peper indien nodig.

Trek die vleis met ’n vurk uitmekaar en giet die sous oor. Sit voor op rys* of kapokaarta­ppel*.

Uiesous

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa