Huisgenoot

HOE KAN EK OPHOU?

-

Praat oor jou ware gevoelens:

Moenie jammer sê as jy eintlik wil sê: “Ek is seergemaak/kwaad” nie. Moenie verskoning vra vir hoe jy voel nie, is Lena se voorstel.

Louis stem saam. Die meeste mense sukkel om hul gevoelens eerlik te verwoord. Dit verg oefening en jy moet jou soms dwing om dit te doen tot dit naderhand vanself kom.

Kyk of jy jouself kan betrap voor die woordjie jammer oor jou lippe rol. Voor jy dit sê, vra jou af: Het ek

Doen die toets:

regtig iets verkeerds gedoen? Indien nie, los die verskoning en sê jou sê prontuit.

“’n Goeie eerste reël sal wees om stil te bly wanneer jy niks het om te sê nie,” maan Louis. “En ’n mens hoef beslis nie jammer te sê as jy nie opsetlik iets verkeerds gedoen het nie.”

Onthou, as jammer sê jou gewoonte is, raak daardie woordjie baie rats. Jy gaan hom nie altyd kan vang nie. Moenie sleg voel wanneer dit soms deurglip nie. Jy kan altyd volgende keer weer probeer.

Dikwels vra ’n mens onnadenken­d verskoning omdat jy op jou senuwees is. As jy regtig ongemaklik voel tussen mense, stel Shani voor jy haal diep asem en ontspan bewustelik jou skouers. “Die gesig is in twee stelle spiere verdeel: die boonste deel om jou oë en die onderste deel om jou mond. Kry daardie klein glimlaggie om jou mondhoeke en die hoeke van jou oë – ’n subtiele glimlag – wat dadelik vir mense sê jy is nie veroordele­nd teenoor hulle nie.”

Ontspan!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa