Huisgenoot

MY KLEINKINDE­RS OF MY KÊREL?

-

Ek was 15 jaar lank in ’n baie ongelukkig­e huwelik. Gelukkig het ek daar uitgekom. Ná sewe jaar het ek ’n gawe man ontmoet. Ek is baie gelukkig saam met hom, maar dit voel of die jongste van my twee dogters my geen geluk gun nie. Sy het my bitter teleurgest­el en in haar gr. 10-jaar swanger geraak.

My vriend het haar, haar nuwe kêrels en kinders telkemale in sy huis laat inwoon en versorg. Al wat hy soek, is respek.

Toe sy hom onlangs beledig, het hy uit sy eie huis getrek. Ons woon nog hier. Ek en hy ontmoet mekaar nou skelm soos tieners. Nou word vir my gesê ek moet tussen my kinders en my vriend kies. As ek hom kies, sal ek glo nie weer my kleinkinde­rs sien nie. Hy het ook nou sy laaste aanbod gemaak dat ons nuut begin. Wie is reg?

Ansie op KA

Respek is die olie wat dinge in alle verhouding­s laat glad verloop. Jou vriend is reg om respek te verwag. As enkelma het jy lank genoeg jou kinders beskerm. Dis nou tyd om jou verhouding op te pas. Toegeeflik­heid het perke. Jy kan nie toelaat dat hierdie bedorwe brokkie op iemand wat jy liefhet se nek lê en boonop verwag hy moet haar soos ’n prinses behandel nie.

Jy het liefde in jou lewe nodig en verdien dit; 15 jaar is lank om ongelukkig te wees. Jy het ’n kans op ’n goeie, vervullend­e verhouding; moet dit nie verspeel nie. Jou dogter weet duidelik waarheen om te hardloop wanneer die nood druk. Jy sal haar en haar kinders weer sien.

Vir eers moet jy toesien dat die pa’s van haar kinders hul plig nakom. Help haar om aansoek te doen om onderhoud. Dit is nie jou vriend se plig om haar gesin te versorg nie. Kies ’n slag ’n lewe vir jouself en maak ook daarin plek vir jou ander dogter. Met die selfsugtig­e een wat soveel aandag kry, kan sy dalk afgeskeep voel.

Verwelkom jou vriend met ope arms in sy huis terug. Jou dogter skuld hom ’n verskoning. Stel ook voorwaarde­s as sy daar wil bly, byvoorbeel­d dat sy losies betaal en huistake verrig. As sy nie die voorwaarde­s wil aanvaar en julle met respek behandel nie, gee haar ’n billike tyd om ’n ander tuiste te vind en beskerm jul verhouding teen haar inmenging. Baie geluk met jou prestasie om jou seun met min geld groot te maak. Jy gaan nou dieselfde moed aan die dag moet lê om hierdie vrek te laat verstaan ’n huwelik gaan oor gee en neem.

Jy is dalk bereid om hom die nodige versorging te gee. As jy iets soos ’n eenvoudige liefdesbly­k vra, is dit nie onbillik nie.

Stel ook perke oor die besoeke aan sy familie. Óf hy behandel jou met respek óf jy bly by die huis.

Jy hoef nie hierdie vernederin­g deur te maak nie. Niemand hoef ooit in enige verhouding die agtersitpl­ek in te neem nie. Kry ’n nuwe werk as jy enigsins kan, want dan hoef jy nie die hele dag aan sy beledigend­e gedrag blootgeste­l te wees nie.

’n Gesonde verhouding verg tyd en toewyding. Hy is nie nou bereid om jul verhouding die aandag te gee wat dit nodig het nie. Sy ouer vriend het ’n houvas op hom en jy kan niks daaraan doen nie.

Jou ouers is reg dat jy liewer moet afsien van ’n verhouding waarin jy net nog seerder kan kry. Jy is waardevol genoeg om soos ’n volwasse vrou jou regmatige plek langs iemand op die voorste sitplek in te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa