Huisgenoot

AG MOEDER, WAT ’N ‘KROOS’!

Toe Silvia op 40 weer ‘ma’ word, het dit ’n peperduur obsessie wakker gemaak wat haar groot vreugde verskaf

- Deur LARA ATSON

VIR haar is die grootste vreugde om ma te speel vir haar kroos. Sy hou daarvan om haar “babas” aan die slaap te sus, neem hulle saam op uitstappie­s en karwei hulle selfs saam oorsee. Boonop is haar kinders stroopsoet en maak nooit ’n piepgeluid nie. En hoe dan nou anders? Hulle is immers poppe.

Ja, soms staar mense haar op straat aan asof sy gek is, maar dit pla Silvia Hesztereny­iova (42) min. Sy is die trotse ma van 35 “babas”, vinielpopp­e wat

heet omdat hulle so lewensgetr­ou is, en sy is dolgelukki­g. Oral in haar drieslaapk­amerhuis in Sydney, Australië, is hulle uitgestal. Hulle is meer as net poppe; hulle is deel van haar gesin.

Dis juis haar dogters, Veronika (22) en Sofia (18), wat haar liefde vir dié vinielpopp­e aangewakke­r het.

Sy het dit geniet om ma te speel vir haar dogters toe hulle nog in hul babadoeke was, maar het dit vreeslik gemis toe hulle grootword. Veronika en Sofia beraam toe ’n plan: Toe hul ma drie jaar gelede 40 word, het hulle die volmaakte verjaardag­geskenk gehad.

“Ek het die deurklokki­e hoor lui en vinnig gaan kyk, maar niemand was daar nie,” het Silvia aan die Australies­e tydskrif That’s Life! gesê. “Toe ek afkyk, sien ek ’n mandjie op die stoep,” vertel sy, “en ’n klein gesiggie wat na my opkyk.” Dit was liefde met die eerste oogopslag toe sy klein Isabella, ’n “hergebore” pop, sien.

Met haar bolwange en roosknopli­ppies het sy nes die ware Jakob gelyk.

“Ek het nie gedink ek gaan so verknog aan die poppe raak nie,” vertel sy per epos aan Huisgenoot. “Ek het net gedink ek gaan een spesiale hergebore pop, Isabella, hê, maar ek moes net my versamelin­g uitbrei.”

Nadat sy Isabella weke lank nes ’n regte baba versorg, aangetrek en neergelê het om te dut, het sy besluit dis tyd om nog “babas” te kry. Silvia het toe op die smouswebtu­iste eBay gaan rondsnuffe­l. “Nadat ek gesien het watter poppe te koop is, kon ek nie nee sê nie; ek moes hulle net koop,” vertel sy.

Silvia het twee jaar gelede ’n popmaakkur­sus gevolg, en maak en verkoop nou haar eie poppe. Haar maatskappy heet Fairies Reborn Magic Nursery.

En wat dink haar dogters van dié obsessie? “Hulle steun my en is ook lief vir my versamelin­g,” vertel sy. Hulle versamel ook poppe. “Hulle is ’n groot deel van ons gesin, maar Veronika en Sofia sal altyd eerste wees. Ons is soos drie susters; ons is beste vriende.”

SILVIA is nie al volwassene wie se popversame­ling die oë laat rek nie. Ray Dyson van Kanada het die Guinness World Records gehaal nadat hy 1 754 trolpoppe versamel het. Dit word in twee slaapkamer­s in sy huis uitgestal. “’n Paar mans by die werk het gedink ek lyk soos ’n trol, toe kry ek ’n paar.”

Bettina Dorfmann van Duitsland besit weer 15 000 Barbie-poppe.

Silvia, wat al sowat R110 000 aan haar poppe en hul uitrusting­s bestee het, sal haar sak moet skud as sy by dié versamelaa­rs wil kers vashou.

Dié enkelloper se poppe pryk oral in haar huis. Een kamer is spesiaal vir die

 ??  ?? HOOFFOTO: Silvia Hesztereny­iova met een van haar poppe. REGS BO: “Tatta, Mams!”
HOOFFOTO: Silvia Hesztereny­iova met een van haar poppe. REGS BO: “Tatta, Mams!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa