Huisgenoot

NOG ’N OPVOPVOLG BEPLAN

-

Affleck het selfversek­erd in Hollywood ’n deurbraak gemaak met Oscars vir die draaiboek van hul trefferfli­ek Good Will Hunting. Matt het dit uitgedink terwyl hy vir ’n graad in Engels aan Harvarduni­versiteit studeer het. Hy het opgeskop voor hy graad gevang het.

Matt het die sukses opgevolg met naamrolle in trefferrol­prente soos The Talented Mr. Ripley en Saving Private Ryan.

Maar die akteur erken sy sukseslopi­e het kort daarna skielik tot stilstand gekom en voor hy vir die eerste keer as Jason Bourne verskyn het, het hy “in ses maande nie ’n werkaanbod gekry nie”.

Hy vertel toe die rol in The Bourne Identity eindelik oor sy pad kom, het die rolprent al die kenmerke van ’n volslae flater gehad. “Dit is uitgestel, dit is vertraag, daar is oorgeskiet en almal het gesê: ‘O, hierdie een gaan ’n mislukking wees.’ ”

Hy kon dit nie erger mis gehad het nie. Die rolprent – en sy twee opvolge, The Bourne Supremacy en The Bourne Ultimatum – was ’n loketsensa­sie. Al wat ’n tienerseun of jong man is, het meteens daarvan gedroom om soos Bourne vuiste te swaai en S-draaie te gooi sonder om ’n gesigspier te verroer. Matt is dankbaar daarvoor. “Dis onmeetbaar hoeveel dié rolprente my loopbaan gehelp het.”

Matt is die middelkind van Kent, ’n aandelemak­elaar, en Nancy, ’n professor in vroeë opvoedkund­e. Sy ouers wou ’n seun grootmaak wat ’n begrip van die wêreld om hom het. In sy vroeë tienerjare het sy ma hom op reise na armer lande geneem sodat hy en sy ouer broer, Kyle, en jonger suster, Sarah, kon sien hoe mense buite Amerika leef.

“Ons het deur Mexiko en Guatemala gaan rugsakreis. Ek onthou ons het op busse gery wat vol hoenders geprop is. Ek het nog nooit sulke goed gesien en armoede aanskou soos ek daar teëgekom het nie.”

Hy sê hy sou graag sy kinders op soortgelyk­e reise wou neem wanneer hulle hul Matt, sy vrou, Luciana Barroso (in swart), en hul vier dogters: van links Gia, Alexia (sy stiefdogte­r), Isabella en Stella. Hulle is ’n hegte, gelukkige gesin.

miljoen

vroeë tienerjare bereik. Hy is 11 jaar getroud met Luciana Barroso (40) en het drie dogters, Stella (6), Gia (8) en Isabella (10), en ’n stiefdogte­r, Alexia (18).

Dié toegewyde pa sê hy neem sy gesin in ag voor hy ’n rol aanvaar wat hom te lank van die huis af sal wegneem. “Elke besluit om ’n rolprent te maak is eintlik die gesin se besluit. As dit te ontwrigten­d gaan wees, kan ek dit net nie aanvaar nie. Ons probeer om nie meer as twee weke uitmekaar te wees nie.”

Matt en Luciana het mekaar in 2003 ontmoet terwyl sy in ’n kroeg gewerk het in Miami, waar hy die rolprent Stuck on You (2003) verfilm het. Die twee is twee jaar later getroud in ’n privaat burgerlike plegtighei­d en is sedertdien gelukkig saam.

Maar hoe onderhou ’n groot loketster ’n gelukkige huwelik, gesonde gesinslewe en suksesvoll­e loopbaan?

Volgens Matt kry hy dit reg deur baie vervelig te wees.

“Dis regtig seks en skandale wat tydskrifte laat verkoop, en daar is niks skandaligs aan ’n ou wat getroud is en kinders het nie. As verslaggew­ers uitkom na waar ek woon, sal hulle van verveling sterf.”

Wel, met al die adrenalien wat Jason Bourne deur fliekgange­rs se are laat pomp, kan ’n mens Matt seker vergewe dat hy in sy vrye tyd die saai lewe verkies. BRONNE: EONLINE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, THEGUARDIA­N. COM, TELEGRAPH.CO.UK

 ??  ?? NAASLINKS: By sy medester Julia Stiles. LINKS: Hy erken dit was nou moeiliker om sy lyf rateltaal te kry as op 29 (REGS).). Die vierde afle aflewering in die reeks, The Bourne Leg Legacy (2012), het nie Matt Damon o of sy karakter Jason Bourn Bourne in...
NAASLINKS: By sy medester Julia Stiles. LINKS: Hy erken dit was nou moeiliker om sy lyf rateltaal te kry as op 29 (REGS).). Die vierde afle aflewering in die reeks, The Bourne Leg Legacy (2012), het nie Matt Damon o of sy karakter Jason Bourn Bourne in...
 ??  ?? As jy die salaris verdeel deur die getal reëls wat hy praat, verdien Matt soveel vir elke reël wat hy in Jason Bourne uiter. Die jaar waarin Robert Ludlum se karakter Jason Bourne sy buiging gemaak het. Dit was in ’n Britse televisiep­rent met die Thorn...
As jy die salaris verdeel deur die getal reëls wat hy praat, verdien Matt soveel vir elke reël wat hy in Jason Bourne uiter. Die jaar waarin Robert Ludlum se karakter Jason Bourne sy buiging gemaak het. Dit was in ’n Britse televisiep­rent met die Thorn...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa