Huisgenoot

WIL SKEI OP 24

-

Ek is ’n 24-jarige vrou en besig om te skei. Ek en my man kom albei uit gebroke gesinne. Hy is daaraan gewoond om alles te kry wat hy vra. Hy is 26 en het ’n oulike driejarige dogtertjie. Hy weier om iets van sy lewe te maak, want sy ma sorg vir sy dogtertjie. Ek bly glo as ek nog net een keer probeer, sal dit regkom. Maar my kop sê nee, dit sal nie gebeur nie. Hoe raak ek van my skuldgevoe­lens ontslae?

NM op PK

Wanneer ’n mens hoë verwagting­s aan jouself stel en iets in die lewe wil bereik, is dit moeilik om saam te leef met iemand wat geen ambisie het nie. Dit kom op ’n waardevers­kil neer. Liefde oorbrug nie altyd sulke verskille nie.

Jy is dalk ook bang dat hy nie ’n broodwinne­r vir jou en later vir jul gesin sal wees nie. Hieroor hoef jy glad nie skuldig te voel nie. As ’n mens as kind na hegte familieban­de, koestering en versorging gesmag het, word hierdie begeertes sterk dryfvere in jou lewe. Jy kan nie sien dat jou ideale vir ’n gelukkige gesinslewe saam met hierdie man verwesenli­k sal word nie.

Ek vermoed die groot rol wat sy ma nog in sy lewe speel, maak dit ook vir jou moeilik om jou plek as sy vrou en in jul huishoudin­g in te neem. Ook hieroor hoef jy nie skuldig te voel nie. ’n Skoonma wat haar seun so ontmagtig dat hy nie behoorlik vir sy gesin kan sorg nie, voorspel net moeilikhei­d as julle self kinders sou kry.

Luister na jou kop en ignoreer jou hart. Jou voorgevoel is reg dat daar vir jou saam met hierdie bedorwe mamma-se-seuntjie met sy swak selfbeeld net hartseer voorlê. Jy is jonk en kan hierdie episode in jou lewe agter jou stel. Met soveel aanvoeling en mensekenni­s sal jy wel goeie besluite oor toekomstig­e verhouding­s kan neem.

Jy is nie ’n mislukking omdat jy ’n oordeelsfo­ut oor ’n huweliksma­at gemaak het nie. Die verhouding het misluk, nie jy as mens nie. As sy jou in 31 jaar nog nooit enige rede gegee het om te glo sy was ontrou nie, sal jy haar die voordeel van die twyfel moet gee. Jou gesondheid is veel meer werd as drie dae wat nou tot die verlede behoort.

Wat staan in jou vrou se dienskontr­ak? As daar geen bepaling is dat sy moet reis as haar werkgewer dit vereis nie, kan sy weier om dit te doen. In hierdie geval kan jy grense stel en vir haar sê jy verwag dat sy in die toekoms sal weier om enige sakereise te onderneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa