TOT ONS WEER ONTMOET
DAAR is min dinge so lekker soos om te wen! En op die Maandagoggend toe Suid-Afrika wakker word met die nuus dat onse Wayde van Niekerk die wêreldrekord verbeter het om die goue medalje in die 400 m-naelloop vir mans by die Olimpiese Spele te wen, het almal wat ek raakloop ’n ekstragroot glimlag op hul gesig.
Later kyk ek oor en oor na die video van die wenslag op huisgenoot.com. Soos die kommentator dit teen die einde stel: “Dis ’n prestasie wat die hare in jou nek laat regop staan! Ons het nog nooit so iets gesien nie!’’ Dis nou nadat hy op ’n punt in die resies gesê het: “Die Suid-Afrikaner raak nou moeg . . . of raak hy? Hy is besig om weg te trek (van die ander atlete)!” En toe: “’n Ongelooflike oorwinning! Ek kan dit nie glo nie! Hy het Michael Johnson se wêreldrekord (wat in 1999 opgestel is) verwoes!”
Toe raak die dag sowaar nog beter met Cameron van den Burgh se silwermedalje in die 100 m-borsslag. Plus daar is al ons ander silwermedaljes – dankie, Luvo (verspring), Chad (twee vir swem), Lawrence en Shaun (roei). En die Blitsbokke se brons! Teen ons druktyd het ons nog duim vasgehou vir Caster (800 m-naelloop, LJ (400 m-hekkies) en Sunette (spiesgooi).
Suid-Afrika is trots op julle almal. Herleef die triomf op bl. 18. ’n Jaar gelede het ons seun ons op 47 jaar ontval ná ’n baie moeilike tyd van werkloosheid en eindelik ’n operasie aan sy ingewande.
Ons het sedertdien geworstel met die leed dat hy voor ons moes gaan.
Ná matriek het Boet twee jaar diensplig verrig, waarvan die laaste jaar op die grens van Namibië en Angola was. Daar het hy dinge gesien en beleef waaroor hy