Huisgenoot

MAATSOEKER­Y AANLYN ’N KLUG

-

Ek lees die artikel oor Sharron Jarvis wat 18 keer byna ingeloop is deur skelms wat hulself as internetvr­yers voordoen (O, my lief, jy’s wéér ’n dief !, 4 Augustus) en begin lag. Ek het dieselfde ervaring gehad en dit lyk baie asof dit dieselfde mense was.

Een wou goed aanstuur, maar kort geld vir ’n bergplek. Die laaste een wou hê ons moes met ’n gesin begin. En ek is die lelikste goed genoem toe ek weier. OUMA,

LIMPOPO

Ek kan nie glo daar is nog vroumensie­s wat man soek op die web nie. Ag nee wat, kry vir jou ’n stokperdji­e om jou besig te hou. Ek het geen simpatie met hulle nie. Geniet liewer jou vryheid en ontmoet eerlike vriende by jou kerk. MARIEKIE nooit wou praat nie. Daarna was hy 15 jaar ’n bewaarder in die maksimumse­kerheidsaf­deling van ’n gevangenis. Daar het hy daagliks met rowers, verkragter­s en moordenaar­s gewerk.

Nadat die departemen­t van korrektiew­e dienste besluit het dat net regstellen­de bevorderin­gs voortaan sou geskied, het hy ’n ruk lank vir die Amerikaans­e weermag in Irak en Afganistan sekerheids­werk gedoen. Toe die VSA uit Irak en Afganistan onttrek, het die kontrakte opgedroog.

Boet se gesondheid het verswak en die einde was soos hierbo beskryf.

Met die gedenkdien­s was daar op die program ’n foto van ’n laggende en gesonde Boet met die onderskrif: “Die groot man met die klein hartjie.” Ons het ’n vergroting daarvan op die boekrak in die gang van ons woonstel en kyk daagliks met verlange daarna; tog, ook met die vaste wete dat hy nou gelukkig en met daardie einste lag in die hemel is.

Ná sy dood het ek tussen my dokumente ’n uitgedrukt­e e-pos van hom uit Irak gekry: “Jammer dat ek nie by Pa se 70-jaarvierin­g kan wees nie, maar ek sal beslis op Pa se 80ste daar wees!”

Die Here het my hoor huil, sonder trane of ’n geluid. As ek wel my 80ste verjaardag beleef, hoop ek om dan sy teenwoordi­gheid en sy lag op die een of ander wyse aan te voel. JAN-PIET,

RANDBURG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa