Huisgenoot

GAAN DIE DA EN EFF SE KIESERS DIT AANVAAR?

-

“Daar is beslis die risiko dat ’n koalisie die DA en EFF se beeld kan beskadig,” sê André. Veral meer stoere DA- en EFFonderst­euners, wat besonder liberaal (in die DA se geval) of besonder sosialisti­es (in die EFF se geval) is, kan verraai voel.

“Die EFF kan daarvan beskuldig word dat hy sy handelsmer­k in die steek laat,” sê dr. Somadoda Fikeni, ’n politieke ontleder van Johannesbu­rg. “Baie van die DA se kiesers is belastingb­etalers; die EFF s’n nie juis nie.” Die twee partye se kiesersbas­is verskil hemelsbree­d omdat die DA meer toegespits is op die belange van belastingb­etalers en die EFF op dié van die armste van die armes. Hy voorspel die partye sal in die aanloop tot die algemene verkiesing in 2019 verder uitmekaarb­eweeg en kan selfs teen mekaar draai. te hou, sê Dirk. Hulle is gemotiveer om dit te laat werk.

Gewone burgers sal nie dadelik juis groot veranderin­gs sien of ervaar nie, sê Somadoda, omdat dit tot ’n jaar kan duur net tot die koalisies stabiel raak.

“Dienslewer­ing sal wel na verwagting verbeter,” sê hy.

Theo meen weer die koalisie gaan hard werk om aandag aan behuising, water, elektrisit­eit en gesondheid­sdienste te skenk, want so kan hulle mense gou wys hulle los werklike probleme op.

Dit is nie die eerste keer dat die DA hom in ’n koalisie begewe nie – in 2004 het hy saam met die Inkatha-vryheidspa­rty ’n koalisie in KwaZulu-Natal gevorm, maar dit het nie gehou nie.

“Tog het die DA al met sukses in munisipali­teite soos Tlokwe (Potchefstr­oom) met onafhankli­ke kandidate saamgewerk,” sê André.

Elders in die wêreld is die samewerkin­g tussen die Britte se Konserwati­ewe Party en Liberaal-Demokrate ’n voorbeeld van ’n sinvolle koalisie wat baie stabiel is, sê Theo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa