Huisgenoot

HALLO, KAAP, MAAR NIE TATTA, PAULA?

-

SY IS nou wel nie meer op ons kassie te sien as die Laan se geliefde Paula van der Lecq nie, maar opgewonde aanhangers keer die immergewil­de Diaan Lawrenson steeds op straat voor. Dit gebeur trouens nog meer vandat sy drie maande gelede uit Johannesbu­rg na die Moederstad verhuis het, vertel sy. En vandag is geen uitsonderi­ng nie.

“Môre, Paula!” groet ’n ontvangsda­me toe Diaan (38) sonder ’n tikkie grimering en met ’n modieuse sonbril op by Huisgenoot se moedermaat­skappy, Media24, in die Kaapse Strandgebi­ed opdaag.

“Ag dankie!” laat hoor Diaan voor sy by die hyser inglip op pad na ons ateljee.

Net drie dae tevore het aanhangers afskeid geneem van Paula toe die laaste aflewering uitgesaai is waarin sy verskyn. Boonop was daar geen gelukkige einde vir dié karakter nie.

Paula moes Mika, die baba wat sy aangeneem het, terugbesor­g aan haar biologiese ma. En toe vlug syuit Hillside, die fiktiewe buurt waarin7de Laan afspeel.

“Daar was soveel smart en lyding en hartseer in haar lewe. Ek wens ek kon haar ’n gelukkige einde gee,” sê Diaan, wat 13 jaar dié rol vertolk het.

“Maar dis darem nie vaarwel vir ewig en altyd nie,” sê sy. “Daar is ’ n groot moontlikhe­id dat ek kan teruggaan en dan kan ons Paula altyd haar gelukkige einde gee.”

Diaan het as’t ware in die Laan grootgewor­d.

“Ek het myself as aktrise en mens gevind. Ek was swanger en het getrou terwyl ek in die sepie was.”

Dis dié dat die trane gerol het toe die produksies­pan haar op 13 Mei, haar laaste dag op die stel, met ’n afskeidspa­rtytjie verras – en dit nadat hulle haar reeds vroeër die dag amptelik gegroet het.

’n Video daarvan is op sosiale media gedeel. “Dit was baie spesiaal,” vertel Diaan.

Ná Paula se laaste episode het boodskappe selfs uit Australië na Diaan se Facebook-blad ingestroom. “Ek weet dis net ’n storie, maar Paula was deel van my aande,” het Valerie van der Westhuizen geskryf. “Ek het vanaand gehuil asof ek afskeid geneem het van my beste vriend. My hondjie het selfs my trane gelek soos ek gehuil het.”

Ander hoop Paula maak gou weer ’n Deur

 ??  ?? LARA ATSON
LARA ATSON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa