Huisgenoot

WAYDE VAN NIEKERK, GOUD IN 400 M

-

AL KAN Suid-Afrika nie met die meeste medaljes by die Olimpiese Spele spog nie, lyk dit asof ons ’n gewoonte daarvan begin maak om vir ’n verrassing te sorg wat die wêreld glad nie te wagte was nie. By vanjaar se Spele in Rio de Janeiro het Wayde van Niekerk nie net ’n goue medalje in die 400 m losgenael nie; hy het boonop ’n wêreldreko­rd aan skerwe laat spat wat ’n volle 17 jaar in die rekordboek­e gestaan het.

By die vorige Spele in 2012 in Londen het Chad le Clos ’ n opskudding veroorsaak toe hy die Amerikaans­e swem- Die Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk hou SuidAfrika se vaandel hoog ná sy rekordtyd in die 400 m vir mans in Rio. masjien Michael Phelps geklop het. En pa Bert het die gesig van die Spele geword toe hy onbeskaamd oor sy seun se verrassend­e oorwinning gehuil het.

Vanjaar het ’n teleurgest­elde Chad teruggekom huis toe, want in ’n arena waar die wêreld se bestes met mekaar kragte meet, loop triomf en trane, prestasies en teleurstel­lings hand aan hand.

Maar hier speel eg menslike verhale hulle ook af – soos dié van Luvo Manyonga, die townshipse­un wat losgebreek het uit ’n tikverslaw­ing om nou wêreldroem te proe.

Hier is ’n kykie na die medaljewen­ners in ons Olimpiese span van 2016, die sportlui wat Suid-Afrikaners se hart van trots laat swel het.

KALM staan en wieg hy heen en weer toe sy naam oor die luidspreke­r aangekondi­g word: “In baan agt, die heersende wêreldkamp­ioen wat Suid-Afrika verteenwoo­rdig: Wayde van Niekerk.” Die oomblik toe die skoot klap, neem Suid-Afrika se goue seun van atletiek dadelik die voortou.

Nie net wen Wayde (24) Suid-Afrika se eerste goue medalje by vanjaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro nie; hy verbeter ook Michael Johnson se 17 jaar oue wêreldreko­rd toe hy binne 43.03 sek. met die 400 m klaarspeel.

“Ek kan na die sterre reik,’’ het Wayde ná die resies vir die media gesê. “Ek gaan geen perke stel op wat ek kan bereik nie.’’

En om te dink vier jaar gelede het die 24-jarige atletiekst­er nie eens vir die Olimpiese Spele gekwalifis­eer nie.

Nie net op die atletiekba­an is hy ’n wonder nie. Toe Wayde op slegs 29 weke gebore is, was hy ook ’n wonderbaba, het sy ma, Odessa Swarts, verlede jaar aan Huisgenoot vertel (Blitsig van geboorte af, 6 Augustus 2015).

Destyds het dokters gesê hy loop die gevaar om ’n gestremdhe­id te ontwikkel.

“Maar hy het alle verwagting­e oortref en deur gebed en geloof het hy bo uitgekom.’’

Hy het sy laerskoold­ae in Kaapstad deurgebrin­g, maar daarna saam met sy ma, stiefpa, Steven, en jonger broer en suster Bloemfonte­in toe getrek.

“My ma, pa en stiefpa weet almal baie van sport, veral atletiek en baan- en veldnommer­s en dit het dit vir my ’n bietjie makliker gemaak om in hul voetspore te volg,” het hy tevore in ’n onderhoud met Huisgenoot vertel.

Odessa rig atletiek by die Laerskool Eunice in Bloemfonte­in af en doen admi-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa