Huisgenoot

SUKKEL . . .

-

DIT het hul hart gebreek om te sien hoe hul dogter sukkel. Elke dag het Nina* (13) ure lank voor haar wiskundebo­eke gesit, maar wanneer die toetspunte gekom het, was dit altyd dieselfde slegte nuus: Sy het gedruip.

Karel en Stephanie Kriel* van Groblersda­l in Limpopo was radeloos. “Sy kom al haar vakke goed deur, maar kan eenvoudig nie wiskunde bemeester nie,” sê Karel oor Nina, wat nou in gr. 7 is.

“Sy het al dae aaneen gesit en wiskunde oefen, maar kon dit net nie regkry nie.”

Ekstra klasse het nie gehelp nie. Ook nie wanneer haar ma en pa geduldig probeer verduideli­k het nie.

Toe spreek hulle ’n opvoedkund­ige sielkundig­e. Ná baie trane het Karel en Stephanie eindelik ’ n diagnose: Nina het ’n leerproble­em wat beteken ’n mens kan nie met syfers werk nie. Dit was voorheen bekend as diskalkuli­e. Al probeer sy hoe hard, sal sy nie wiskunde kan baasraak nie.

Die volgende stap was om die skool te oortuig om die verslae te aanvaar. “Hulle wou haar ’n jaar terughou omdat sy wiskunde druip; toe wend ek my tot die provinsial­e onderwysde­partement. Ons wil hê Nina moet vrygeskeld word van wiskunde. Al probeer sy baie, baie hard, kry sy dit net nie onder die knie nie.”

As Nina se ouers daarin slaag om die kwytskeldi­ng te kry, sal sy ’n ander vak in die plek van wiskunde moet neem, verduideli­k Catherine Radloff, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Kaapstad.

“Kinders is veronderst­el om hul huistaal, ’n addisionel­e taal en wiskunde te slaag. As ’n kind sukkel om te lees, kan hy byvoorbeel­d van die tweede taal vrygestel word.”

Maar jou kind moet dan ’n alternatie­we vak in dié een se plek neem, voeg sy by.

As jy dus kan bewys dat jou kind ernstige leerproble­me met ’n spesifieke vak het of aan steurings soos aandagteko­rthiperakt­iwiteitste­uring ly, kan jy aansoek doen dat hy of sy glad nie die vak hoef te neem nie, verduideli­k Brenda van Rooyen, ook ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van die Moederstad.

Daar is ook minder drastiese vergunning­s, soos ekstra tyd om eksamens af te lê, ’n afsonderli­ke eksamenlok­aal en selfs ’n skribent. (Sien die kassie regs bo vir ’n volledige lys vergunning­s.)

Maar moenie dink dis ’n kitsoploss­ing as jy en jou kind nie meer lus het om die akademiese stryd aan te durf nie, waarsku Brenda. “Toegewings is die allerlaast­e stap vir kinders met leerproble­me.

“Die kind sal ’n geskiedeni­s van leerproble­me moet hê en julle sal eers ander moontlike oplossings, soos terapie, moet beproef voor kwytskeldi­ng op die ou end toegestaan word.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa