Huisgenoot

VERLOOFDE SE OOG BLY DWAAL

-

Met chroniese nierversak­ing is elke dag reeds ’n uitdaging. Dialise gee jou ’n tweede kans op lewe. Wat ’n teleurstel­ling om jou ekstra kans te moet deurbring onder omstandigh­ede wat jou lewensmoed ondermyn.

Soms is dit erger om alleen te wees met ’n chroniese siekte as in ’n ongelukkig­e huwelik. In jou huwelik is nie net ongeluk nie, maar mishandeli­ng. Vir jou as ernstig siek mens kan aanranding die verskil tussen lewe en dood beteken.

Sy alkoholism­e kan ook vererger en sy gedrag laat verswak. Hou dit alles in gedagte wanneer jy besluite oor die toekoms neem.

As jy sou besluit om te skei, sal die hof jou omstandigh­ede in ag neem. Afhangend van jul huweliksko­ntrak en die bepalings van jou man se mediese fonds, kan jou prokureur voorstel dat hy steeds jou bydrae tot die fonds betaal. Jy sal waarskynli­k ook geregtig wees op ’n deel van sy pensioen. As jy nie ’n prokureur kan bekostig nie, gaan na jou plaaslike landdrosho­f en hoor waar jy gratis regshulp kan kry.

Tehuise soos dié van die Suid-Afrikaanse Vrouefeder­asie (SAVF) verskaf verblyf aan bejaardes en gestremdes wat pensioene kry. Kontak die SAVF se hoofkantoo­r by 012-3253920 vir inligting oor ’n tehuis naby jou en om te hoor of jy daarvoor kwalifisee­r.

Nog ’n opsie is om ’n beskerming­sbevel teen jou man te kry. Maar hou in gedagte dat dit vir hom as oudpolisie­man ’n groot vernederin­g sal wees en hom dalk nog aggressiew­er kan maak.

Hoor ook by jou dialise-kliniek waarheen jy vir berading kan gaan. Baie sterkte. My verloofde het ’n jaar gelede saam met ’n ander vrou bed toe gegaan. Sewe maande gelede het hy gesê hy het gevoelens vir iemand anders, maar hy bly lief vir my. Ek probeer hom vertrou. Ons is nou al vyf jaar saam.

Grietjie op K

Al vyf jaar saam? Hierdie man is nie ernstig daaroor om hom aan jou te verbind nie. Hy wil volgens sy eie voorwaarde­s leef. Jy kan hom nie verder die beste jare van jou lewe gee nie. Dis tyd dat jy ernstig met hom oor jul toekoms praat en sekerheid kry. Jou waardighei­d en selfrespek is op die spel.

Elke vrou verdien om deurgaans nommer een in haar beminde se lewe te wees. Die liefde is nie ’n afloswedlo­op waarin jy nou vir een lief is, dan ’n rukkie vir iemand anders, net om daarna terug te keer na jou eerste liefde nie. Jy verdien beslis beter as om met soveel selftwyfel saam te leef. Werkgewers is dikwels nie juis goed ingelig oor hoe hulle teenoor werknemers met gestremdhe­de moet of mag optree nie en dan ly sulke werknemers daaronder.

Die parlement het in 2015 ’n witskrif oor die regte van gestremdes aanvaar wat hierdie vraagstuk die hoof bied.

Kontak Fanie Swanepoel by die Vereniging vir Mense met Gestremdhe­de by 082-8569859 of stuur ’n e-pos aan hom by gpapd@ telkomsa.net om jou kind se uitdagings in die werkplek met hom te bespreek.

Hierdie organisasi­e sonder winsbejag kan ook leiding gee vir mense met gestremdhe­de oor hoe om doelgerig om vakante betrekking­s aansoek te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa