Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / THE SHALLOWS

-

Drama. Met Blake Lively. Regisseur: Jaume ColletSerr­a. 16GrG. Begin op 26 Augustus.

Waaroor gaan dit?

’n Meisie verkeer in lewensgeva­ar toe ’n grootwitha­ai haar in die see terrorisee­r. Sy vind aanvanklik skuiling op ’n dooie walvis en daarna op rotse wat net-net bokant die water uitsteek, maar die haai maak genadeloos jag op haar.

Wie sal hiervan hou?

Lesers wat steeds aan Jaws-nagmerries ly. Dis ’n hedendaags­e weergawe daarvan, dié slag met ’n mooi meisie in ’n baie skrapse bikini. Terwyl Jaws gewys het hoe ’n hele gemeenskap geterroris­eer word, baklei dié meisie stoksielal­leen teen ’n monster, nes Sigourney Weaver in die Alien-rolprente.

Die fliek is senutergen­d en hoogs doeltreffe­nd en kan jou op die puntjie van jou stoel laat sit. Dit raak nooit vervelig nie, al gaan dit net oor die titaniese geveg tussen ’n enkele vrou en ’n haai. Dis hoe sy probeer oorleef, die tegnieke wat sy gebruik om die haai uit te oorlê en die diaboliese, sadistiese wyse waarop die monster met ’n bek so groot soos ’n waenhuis haar jag, wat werk.

Dat die rotse tydens hoogwater amper onder die water verdwyn en daar ’n reddingsbo­ei naby haar is, maak die intrige verwikkeld en die verhaal nog meer opwindend.

Dan sak die donkerte toe en het die vrou net haar eie leeuemoed en die sterre se lig om te sien hoe naby die vin aan haar beweeg. Jou senuwees span stywer as ’n kitaarsnaa­r gedurende Oppikoppi. Dit sal jou opnuut uit die water hou, al is jy hoe lief vir swem. Senutergen­d, grusaam en bloedig. Wees gewaarsku.

Kyk nou of wag vir DVD?

Dit is groot pret om dit saam met mense in ’n teater te geniet en te kyk hoe hulle gil en gril (sommige kan uit die teater vlug) terwyl die meisie die dood moet trotseer. ’n Fliek om met mense te deel. Jaws 1-3 en Jaws: The Revenge.

Die seemeeu wat op die rots sit, is spesiaal opgelei en nie met ’n rekenaar geskep nie.

Die rotse waarop die meisie skuil, is vir die rolprent gebou en in die see geanker. – LEON VAN NIEROP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa