Huisgenoot

BOEKE EN BEDSAKE

Geniet ’n nuwe TV-program en twee speelboeke vir grootmense

-

Deur ELNA VAN DER MERWE

EK IS ’ n trotse boekwurm. Die hele program is gebou rondom my behoefte om vir die res van my lewe net in die bed te bly met ’ n boek.”

Bibi Slippers praat van die splinternu­we boekeprogr­am In die Bed met Bibi wat vandeesmaa­nd op VIA begin.

“Al waarvoor ek eintlik ooit wil opstaan, is om by skrywers te gaan kuier. En so af en toe ’n klein uitstappie yskas toe vir ’ n snoephappi­e.”

Die halfuur lange program gaan in drie segmente opgedeel word.

“Tydens die eerste segment sit ’n leser saam met my in die bed. Bo of onder die lakens – dit hang alles af van die weer en die bui en die gas se stuitighei­d.

“Die tweede segment is ’n besoek aan huis by ’n skrywer – en af en toe sal dit gebeur dat die kuier in ’n bed eindig. Laastens is daar ’ n boekklubse­gment wat ook in en om die bed plaasvind.”

’n Mens wonder of daar oor skunnige dinge gepraat gaan word met dié dat ’n bed die middelpunt van die program is.

“Daar is beslis lekker tong-in-die-kies-oomblikke, maar helaas is die program nie oor seks nie, maar oor lees,” sê Bibi. “Ek meen wel lees is ewe plesierig.”

Kykers kan uitsien na gesprekke met van ons gewildste skrywers. “Marita van der Vyver, Valda Jansen, Deon Meyer en Karin Brynard is op ons lys. En so ook debutante soos Anneli Groenewald, Carin Krahtz en Irna van Zyl. Ek sien ook baie uit na die gesprek met Schalkie van Wyk, wat op 78 al meer as 100 liefdesver­hale gepublisee­r het.”

Bibi, wat die inhoudsreg­isseur van Flits op kykNET is, vertel haar liefde vir boeke kom van baie ver.

“Dit het alles begin by ’n waterdigte boekie, Pikkie Pikkewyn, wat ek in die bad gelees het. Voor dit het my ma stories gelees en vertel, maar vir Pikkie het ek uit my kop geken en self ‘gelees’. Ek het ook vroeg al my eie storie, gedigte en artikels begin skryf.

“Lees is lewenslank al vir my een van die grootste lekkertes; daarom is dit die heerlikste ding op aarde om nou op my daaglikse doenlysie boeke te hê wat ek moet lees vir die program.

“Dit is nou werk en sonder twyfel die lekkerste werk wat bestaan.”

 ??  ?? Die joernalis Bibi Slippers in die bed vir haar nuwe TV-program.
Die joernalis Bibi Slippers in die bed vir haar nuwe TV-program.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa