Huisgenoot

SO WERK DIT

- (Blaai om)

IS Huisgenoot al jare lank ’n onmisbare deel van jou lewe? Volg jy al dekades lank die lief en leed van glansmense én Jan Alleman soos dit op ons bladsye vertel word? Dan het ons ’n baie besonderse kykfees vir jou: Huisgenoot se eie TV-vasvraprog­am! Die Grootste Genoot (kan daar ’n beter naam wees!) is nog een van die opwindende maniere waarop ons vanjaar Huisgenoot se 100-jaar-bestaan saam met ons lesers vier. In dié weekdagvas­vraprogram– wat op 22 Augustus op VIA (DStv-kanaal 147) begin en drie weke sal duur – gaan die gewilde omroeper Rian van Heerden die deelnemers se kennis toets van die stories, mense en nuus wat die afgelope eeu in Huisgenoot verskyn het.

Daar is natuurlik groot pryse op die spel, onder meer R100 000 kontant. Maar kykers kan ook heerlik in hul eie sitkamer saamspeel. Kom ons kyk hoe goed jy die wêreld van Huisgenoot ken! In die reeks van 15 aflewering­s oor drie weke gaan nege spanne van twee lede elk (dus altesaam 18) sake uitspook.

In ’n neutedop: Aan die begin van elke episode is daar ’n uitspeelro­nde om te bepaal watter drie spanne in dié aflewering kan speel.

Die wenspan van elke episode dring outomaties deur na die volgende aflewering, maar al die spanne kry aan die begin van elke episode weer ’n kans om te kwalifisee­r vir die oorblywend­e twee plekke van daardie aflewering.

Ná die eerste twee weke kwalifisee­r die twee spanne met die meeste punte vir die eindronde. Die orige spanne ding dan mee om die oorblywend­e plek in die eindronde op 9 September.

Die wenspan in die slotaflewe­ring kry R100 000, maar niemand gaan met leë hande huis toe nie.

Die volgende vier spanne op die puntelys wen vakansiebe­wyse van LekkeSlaap van R15 000 elk en die laaste vier kry geskenkbew­yse van ATKV-oorde ter waarde van R5 000 elk.

En les bes kry al 18 deelnemers ’n digitale Huisgenoot-intekening vir ’n jaar ter waarde van R960 elk!

Ontmoet die deelnemers.

Lientjie Janse van Rensburg en Wilmari Harvey:

Lientjie (30), ’n sjef en bruilofkon­sultant, en Wilmari (31), ’n mensehulpb­ronnekonsu­ltant, kom albei van Pretoria en is al vriendinne vandat hulle mekaar 13 jaar gelede op universite­it ontmoet het.

Toe al het Wilmari elke Vrydagaand opsygesit vir Huisgenoot, vertel Lientjie. “Sy’t niks gereël nie en haar deur toegetrek. Dit was haar tyd saam met Huisgenoot – en so is dit tot vandag toe!”

Lientjie het selfs vanjaar vir Wilmari ’n verjaardag­koek gebak met haar gesig op ’n Huisgenoot-voorblad.

En Lientjie is self ’n baie spesiale leser. Sy het op 18 begin blind word weens ’n degenerati­ewe oogdefek. “Ek moes in my

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa