Huisgenoot

LIGTE, KAMERA . . . NEE, DIS RÉGTIG!

Vir Clint en sy Namibiese skoonheid was dit soos in ’n fliek toe hulle ná ’n blitsroman­se ’n droomtroue het

- Deur MARISA FOCKEMA Foto’s:

DIE man onder die populierbo­me kyk opgewonde oor die koppe van die gaste vir ’n glimp van sy bruid, ’n effense frons tussen sy oë. Dan sien hy haar aankom en die frons verdwyn soos mis voor die son. Dis die akteur Clint Brink, beter bekend as dr. Steve Abrahams van Binnelande­rs, wat vandag hier in die Askariwild­reservaat naby Magaliesbu­rg afhaak. En nee, hy’s nie op stel nie – al klink sy blitsroman­se van skaars vier maande met die Namibiese skoonheid Steffi van Wyk soos iets uit ’n sepie.

Die 24-jarige Steffi lyk asemrowend aan die arm van haar pa, Steven, in ’n wit klassieke, sjiek rok met ragfyn kant en kralewerk. In haar bruidsruik­er pryk ’n groot protea. Dié blom simbolisee­r voorspoed, het Steffi – Mej. Namibië 2015 en wenner van die Mej. Wêreld- sport- uitdaging in dieselfde jaar – vroeër vertel.

“Dis soos ’n feëverhaal,” beskryf Clint (35) later die plegtighei­d onder die populierbo­me. En dis boonop ’n baie moderne feëverhaal: Hul vriendskap het op sosiale media begin en geblom nog voor hul eerste ontmoeting. Clint was so oortuig sy’s die een vir hom dat hy begin het om die troue te reël nog voor hy Steffi die jawoord gevra het.

Waar hulle ingehaak voor die pastoor staan, vee Clint kort-kort die trane van sy Namibiese plaasmeisi­e se wange af. Nadat die ringe aangesteek is, soen hy sy bruid lank en innig. Die 120 gaste, onder wie die Springbok-rugbyspele­r Lionel Mapoe, klap hande en fluit goedkeuren­d. Dan gooi hulle veelkleuri­ge blomblare na die paartjie, wat tussen hulle deurstap op pad na die amptelike fotosessie – wat twee olifante insluit.

“Ons hou baie van die buitelewe en is natuurmens­e,” verduideli­k Steffi later oor die keuse van trouplek en die ongewone “gaste”.

“Dis waarom ons in die bos wou trou. Dit pas so goed by ons albei se persoonlik­heid.”

CLINT het Steffi die eerste keer op Instagram raakgesien toe sy verlede jaar haar geboortela­nd in die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoo­rdig. Sy het foto’s van die geleenthei­d op sosiale media gedeel. “Ons het mekaar se profiele baie interessan­t gevind omdat ons ’n passie vir sport en fiksheid deel. En ons voel albei sterk daaroor om met ons talente ’n verskil in ander se lewe te maak,” vertel Clint.

Steffi beaam: “Instagram het vir ons ’n goeie oorsig gegee van wie die ander mens is en waarin elkeen belangstel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa