Huisgenoot

GEBAKTE SONNEBLOM-FETA-HOENDER

- 1 2 3 4 5 2 3 4 5 (Blaai om)

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 35-40 min. BOLAAG 60 ml (¼ k) sonne

blompitte 6 knoffelhui­sies,

fyngedruk 10 g pietersiel­ie,

gekap skil van 1 suurlemoen 1 wiel feta, gekrummel 30 ml (2 e) olyfolie HOENDER 4 hoenderbor­sfilette sout en peper 30 ml (2 e) olyfolie sap van 1 suurlemoen Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak met kossproei.

Bolaag

Rooster die sonneblomp­itte in ’n droë pan tot dit begin verkleur. Skep uit en hou eenkant om af te koel.

Meng die sonneblomp­itte met die res van die bestanddel­e.

Hoender

Geur die hoender oraloor met sout en vars gemaalde peper. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender tot alkant bruin. Skep uit en pak in die oondbak.

Giet die suurlemoen­sap in die pan en roerbraai tot al die pansappe loskom. Hou eenkant.

Druk die bolaag op die hoender en giet die pansappe oor. Bak 15-20 min. in die oond of tot die hoender gaar is. Sit voor met vars roketblare*.

GEROLDE KEBABS MET TAMATIESAL­SA

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Marineer: 15 min. Gaarmaak: 15 min. KEBABS 800 g varkfilett­e sout en peper 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk sap en gerasperde skil

van 1 suurlemoen 15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) botter SALSA 500 g gemengde

tamaties 1 knoffelhui­sie,

fyngedruk 10 g pietersiel­ie,

fyn gekap 30 ml (2 e) olyfolie

Kebabs

Week die kebabstokk­ies minstens 15 min. in kookwater om te verhoed dat dit brand.

Sny die filette in lang, dun repies. Sit in ’n mengbak, geur met sout en peper en voeg die sap en skil by. Meng goed en laat staan 15 min.

Rol die repies filet- te in sirkels op en ryg aan die stokkies.

Verhit die olie in ’n pan en braai die kebabs tot alkant goudbruin. Voeg die botter by en braai nog tot gaar. So nie, braai oor matige kole tot gaar.

Kap die tamaties op en meng met die res van die bestanddel­e. Geur met sout en peper en sit voor saam met die kebabs en vars basilie*.

Salsa

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa