Huisgenoot

VIND NOG UIT

-

bare Seekos (Sassi) is in 2004 gestig om te help verseker dat Suid-Afrika se visvangpra­ktyke verander. Sassi werk saam met seekosvers­kaffers en -verkopers, en lig ook seekosverb­ruikers in oor watter soort vis die beste is om te eet ten opsigte van volhoubaar­heid. Sassi het ’n lys saamgestel wat visspesies in drie kategorieë verdeel: rooi, oranje en groen. Vissoorte op die rooi lys word ernstig bedreig en jy moet hulle nooit eet nie. Dié op die oranje lys word soms bedreig en jy moet mooi nadink voor jy hulle eet. Vis op die groen lys word nie bedreig nie en jy mag dit eet. genoeg vis vir toekomstig­e geslagte sal wees om te vang en eet. Daarom is dit baie belangrik dat alle visvangakt­iwiteite – van hengel vir die pret tot die massavangs­te van groot vismaatska­ppye – aan sekere reëls en beperkings voldoen.

Die volhoubare visvangmet­odes wat ons vandag ken, is grootliks beïnvloed deur die visvangmet­odes van inheemse volke, soos die Tagbanua-volk in die Filippyne, wat net op sekere tye van die jaar visvang sodat visse genoeg kans het om weer kleintjies te kry.

Spieshenge­l is ’n gewilde sportsoort wat op baie plekke ter wêreld beoefen word. Hierdie visvangmet­ode is volhoubaar omdat dit net een vis op ’n slag teiken en selde byvangs tot gevolg het.

As jy al self visgevang het, het jy waarskynli­k ’n visstok gebruik. Dit is een van die oudste visvangmet­odes en is hoogs volhoubaar omdat jy gewoonlik net een vis op ’n slag kan vang. Byvangste kan ook dadelik losgelaat word voor hulle vrek.

Kyk dié video om te sien hoekom ons oseane en die seelewe moet beskerm:

youtube.com/watch?v= F6nwZUkBea­s.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa