Huisgenoot

Ons harte swel van trots op ons sportlui

-

Die beriggewin­g oor die Olimpiese Spele in Rio (Paaie van hartseer tot glorie, 25 Augustus) laat my terugdink aan al die kere dat ons al sportmal geraak het. Soos met die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi in 1995.

My twee seuns, Jesse en Julian, toe onderskeid­elik vyf en vier jaar oud, het ’n dagsorgsen­trum bygewoon. Gedurende die toernooi het juf. Renee die kleuters meer oor rugby geleer, oor al die mededingen­de lande, oor ons volkslied, ensovoorts. Die kleingoed was almal baie opgewonde oor die toernooi.

Toe ek hulle een middag ná werk by die sentrum oplaai, is die jongste baie opgewonde agter in my motor. Ek vra wat by die skool gebeur het wat so wonderlik was. Met die grootste glimlag en oë wat blink, vertel hy my dat die “World Cup” spesiaal vir hom ’n liedjie geskryf het. Ek maak of ek net so opgewonde is en vra hom om die liedjie vir my te sing en hy trek los: “It’s

a world in Julian !” HETTIE MACHILL, CRAIGHALL

Ek wil net ’n groot gelukwensi­ng rig aan Wayde van Niekerk. Jou prestasie spreek boekdele. Mag jy altyd daardie mooi gemanierde seun met die sagte hartjie bly soos ons jou leer ken het. AANHANGER

Welgedaan, ouens, Suid-Afrika is baie trots op julle. Luvo Manyonga, ons in die Paarl en Mbekweni is ekstra trots op jou. Wys jou net: Enigiemand kan goed raak. Ek hoop kinders sien raak dat jou omstandigh­ede jou nie teruggehou het nie, maar dat jy jou kon motiveer om beter te vaar. ELDEHLIA MONIQUE LOUW,

FACEBOOK

Ons is trots op Caster Semenya en die toewyding wat sy ingesit het om soveel in sport te bereik. Dit word net vermag met groot inspanning en dissipline. Ek salueer jou, Caster. LUCRETIA BOUCHER

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa