Huisgenoot

‘Ek gaan nie terugstaan, verduideli­k en wegkruip nie’

-

plaaslike gholfklub vir ’n drankie om die sege te vier, al is dit hier waar die meeste mense die laaste weke ná ’n paar brandewyne die lekkerste agter haar rug oor haar gesels. Nie alles is net sleg nie. “Daar is wonderlike goed wat ook hieruit gekom het, soveel mense wat ons steun. Ek kan hulle regtig net bedank. Schweizer is ’n dorpie waarvan die gemeenskap altyd saamstaan en my gesin nog altyd gesteun het, maak nie saak wat die omstandigh­ede was nie.”

As sy dink aan die mens wat die foto buite hul WhatsApp-groepie van 17 mense begin rondstuur en haar naam so landwyd berug gemaak het, is woede nie die eerste ding wat sy voel nie. “Ek is meer seergemaak,” sê sy en trek haar rug weer regop. Sy weet nog nie wie dié mens was nie en is nie lus vir wraak nie. Daar is gesinne betrokke en sy wil nie die gemeenskap verder seermaak nie.

“Daar is net een manier hoe ’n mens deur so ’n ding kan kom: Jy hou jou kop omhoog, trek jou skouers terug en beweeg hierdeur. Ek gaan nie aanhou terugstaan, verduideli­k en wegkruip nie. Ek het nie daarmee begin nie. Dit wat gebeur het, is nie iets waarvoor ek of my gesin gevra het nie. Die gemeenskap, die skool, die dorp, my vriende en familie het nie daarvoor gevra nie. Vir elkeen van hulle is ek net so jammer. Vir elke oproep wat hulle hieroor kry, elke boodskap, wens ek net ek kan dit van hulle wegvat. Ek wens niemand dit toe nie.”

Sy het ’n keuse gemaak om voort te gaan met haar lewe. “As ek dit nie doen nie, het die skinderbek­ke iets bereik, dan het hulle iets van my weggeneem – my lewe. Niemand gaan my onderkry net omdat hulle nou skielik minder van my dink nie. Jy het jou mening oor my en dis dit. Ek moet my gesin hierdeur kry, my kinders, en dis die belangriks­te.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa