Huisgenoot

LEGKAARTST­UKKE VAN SPIER SE RAAISELDOO­D

-

VAN die begin af het dit al die elemente van ’ n enorme tragedie gehad. Die Johannesbu­rgse vrou Susan Rohde, wat ondanks al haar seëninge – ’n skatryk man, pragtige dogters en ’ n weelderige leefstyl – nie meer vir die lewe kans gesien het nie. Op 24 Julie is haar lyk in die badkamer van haar en haar man se hotelkamer in die spoggerige Spier-hotel in die Stellenbos­se wynlande gevind. Susan (45) het haarself blykbaar met die koord van haar haartang gehang terwyl haar man, Jason (47), enkele meters van haar in die hotelbed lê en slaap het.

Maar binne net twee dae het dié tragedie in iets veel skokkender­s verander. In ’n nadoodse ondersoek is bevind die koord is eers ná Susan se dood om haar nek gedraai. Daarna is Jason, die grootbaas van Geffen Internatio­nal Realty Franchises (’n afdeling van Sotheby’s Internatio­nal), weens haar moord in hegtenis geneem.

Nou loop gerugte dat Susan se laaste ure eintlik allesbehal­we die idilliese lewe was wat ’n mens sou verwag. Bespiegeli­ngs dat Jason ’n buite-egtelike verhouding gehad het, stories oor ’n laatnaggef­uif en woordewiss­elings in die vroeë oggendure op die luukse wynlandgoe­d waar hulle ’n werkkonfer­ensie bygewoon het, het alles al in die pers gedraai.

Maar die eiendom-grootbaas (wat glo sowat R30 miljoen sterk is) hou voet by stuk: Susan is nie vermoor nie, haar geestesges­ondheid was nie goed nie en sy het haar eie lewe geneem.

Die polisie is tjoepstil oor die fyner besonderhe­de van dié ontvouende saak, maar Huisgenoot het die legkaartst­ukke bekyk om sin te probeer maak van wat ons tot dusver weet. sonder skoene aan na sy kamer gevolg, waar sy geval en haar voet en die linkerwenk­brou bo haar oog gesny het.

“Ek het teruggegaa­n kamer toe en ons albei het gaan slaap. So om en by seweuur die oggend het ons wakker geword en sy was steeds woedend vir my. Sy het baie ontsteld gelyk.

“Sy is badkamer toe en ek het weer aan die slaap geraak. Toe ek wakker word, kon ek nie by die badkamer ingaan nie; die deur was van binne gesluit en ek kon dit nie oopmaak nie.”

Toe hy die deur eindelik met die hotelperso­neel se hulp oopkry, het hulle Susan se lyk binne aangetref.

“My vrou het die ingang versper, want sy het agter die deur gehang,” lui Jason se verklaring.

Luidens die verklaring van speursers. Marlon Appollis, ondersoekb­eampte van die Stellenbos­se polisie, is Susan omstreeks 20 voor ses daardie oggend dood. Jason is die middag terug Johannesbu­rg toe.

Daar is heelwat onbeantwoo­rde vrae in die polisie-ondersoekb­eampte se verklaring, meen Niel van Heerden, ’n privaat speurder van Mosselbaai met 44

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa