Huisgenoot

Die staat t. Jason Rohde

-

byna altyd breek as jy met die hand verwurg word. Dit sal dus insiggewen­d wees om vas te stel of dié beentjie ook gebreek is. Die tongbeentj­ie breek moeiliker by jong kinders en vroue wat tot osteoporos­e geneig is, wei Leon uit. Met die saak se aanvang laat verlede maand was dit duidelik dat sowel die verdedigin­g as die staat die grofgeskut vir dié hoëprofiel­moordsaak uithaal: Jason se span bestaan onder andere uit vyf regsmense – gelei deur adv. Pete Mihalik, ’n Kaapse senior advokaat wie se voormalige kliënte beweerde ringkoppe in die bendeonder­wêreld soos Mark Lifman en Jerome “Donkie” Booysen (vermeende leier van die Sexy Boys) insluit.

Die staat steun op adv. Carine Teunissen, destyds ’n aanklaer in die opspraakwe­kkende Inge Lotz-moordsaak (waarin die Matie-student se kêrel, Fred van der Vyver, in 2007 ná ’n marathon-hofsaak van moord vrygespree­k is).

In Jason se borgtogaan­soek is die eerste salvo’s afgevuur in wat beloof om ’n reuse-regstryd te wees. Pete redeneer Jason se inhegtenis­neming was onwettig omdat die polisie nie ’n lasbrief daarvoor byderhand gehad het toe hulle hom vroegdag op Dinsdag 23 Augustus by sy huis in Bryanston, Johannesbu­rg, opge- klop het terwyl sy drie dogters nog ge- slaap het nie.

Die nasionale vervolging­sgesag g (NVG) hou egter voet by stuk die Strafprose­swet maak voorsienin­g vir sulke gevalle. “Die inhegtenis­neming van Jason Rohde was nie onwettig nie. Die saak gaan voort. Ons glo ons het ’n saak en daarom vervolg ons hom vir moord,” sê Eric Ntabazalil­a, woordvoerd­er van die Wes-Kaapse NVG.

Teen druktyd was die uitslag van Jason se borgtogaan­soek nog nie bekend nie; die staat het uitstel gevra hangende die uitslae van DNS-toetse, selfoon- en skootreken­aar-ontledings, ’n bloedspats­el-verslag en nog inligting rakende Jason se finansiële posisie en Susan se geestestoe­stand.

Gerugte dat Jason ’n affair met Jolene Alterskye, ’n Sotheby’s-agent, gehad het, sal volgens Niel nie genoeg wees om hom aan die pen te laat ry vir sy vrou se beweerde moord nie. “SMS’e, e-posse en selfoonboo­dskappe sal nagegaan moet word om te kyk hoe ernstig die verhouding was en of daar doodsdreig­emente was. Was die derde party ook by die hotel? Sy moet as ’n moontlike verdagte uitgeskake­l word.”

Dit is totaal irrelevant dat die staat nou inligting probeer versamel oor Jason se beweerdeb db buite-egtelikeit t lik verhouding,h di sê ê Daniel Witz, ’n Johannesbu­rgse prokureur in Jason se regspan. Hy weier egter om kommentaar te lewer oor of Jason en Jolene wél ’n verhouding gehad het.

“Die staat moet sy saak bo alle redelike twyfel bewys; die bewyslas rus nie op die verdedigin­g nie,” sê Niel. “As hulle kan bewys die oorledene het moontlik haar eie lewe geneem en dat ’n derde party moontlik toegang tot die kamer gehad het, sal die beskuldigd­e vrygespree­k word. Ek ken adv. Mihalik en hy gaan die staat se saak uitmekaart­rek as daar leemtes is.” EKSTRA BRONNE: IOL.CO.ZA, RAPPORT, NETWERK24, TIMESLIVE.CO.ZA

 ??  ?? (Van vorige bladsy) LINKS: Jason het met sy borgtogaan­soek in die Stellenbos­se landdrosho­f verwese gelyk. ONDER: Adv. Pete Mihalik, ’n Kaapse swaargewig-advokaat, lei sy verdedigin­gspan van vyf mense.
(Van vorige bladsy) LINKS: Jason het met sy borgtogaan­soek in die Stellenbos­se landdrosho­f verwese gelyk. ONDER: Adv. Pete Mihalik, ’n Kaapse swaargewig-advokaat, lei sy verdedigin­gspan van vyf mense.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa